#193 Aanvaarbaar gesterf
Kan ’n mens ooit die verlossingsboodskap van Jesus te veel hoor? Ek dink wanneer jy die dag besef waarheen jy eintlik op pad was en wat alles met jou sou gebeur het as jou pad nie met Jesus s’n gekruis het by die kruis nie, wíl jy die boodskap oor en oor en oor hoor.
