#87 Die Gees trek sak en pak in
Jou liggaam is soos ’n huis met baie kamers en wanneer jy God as jou Verlosser aangeneem het, nooi jy Hom om in jou huis te kom woon. Dit geld vir almal wat Jesus aangeneem het. ’n Mens kan sê dit is die perk of voordeel wat kinders van God ontvang.
