God se Woord in vandag se woorde

Laat ons nooit stilbly


My motorfiets vriend uit Jo’burg vertel van ’n keer toe hy geglip het.  

Ek is hartseer vanaand. 

Ek loop vandag by ons plaaslike poskantoor in en vra vir die derde keer waar is die meisie wat my altyd sien inkom het en gegroet het. 

Sy was ook in die motorfiets bedryf en het issues gehad met die handelaar waar sy gewerk het. Sy maak ‘n breuk  en land toe agter die toonbank. Sy het so 3 jaar daar gewerk. 

As gevolg van die motorfietsbedryf kon ons altyd daai bietjie meer praat as net die roetine om my pakkie met bike-parte weg te stuur. 

Die laaste keer wat ek haar gesien het, het sy buitekant die winkel gestaan en rook. 

Ons het weer ‘n vinnige “Hallo en hoe gaan dit?”-gesprek gevoer.  

Vandag, toe ek nou weer vra waar sy is, toe roep die nuwe dametjie my eenkant toe. Ek hoor toe dat die meisie in rehab is vir ‘n volle twaalf maande. Sy sukkel reeds 5 jaar met prescription drugs. So twee maande gelede het sy 10 pille van 4 verskillende soorte drugs (40 pille) gelyktydig gesluk om ‘n einde aan alles te maak. Sy was naelskraap die ewigheid in. 

Ek het seker 5 of meer kere met haar gepraat waarvan een of twee keer buite die winkel was waar sy gestaan en rook het.  

Nooit het ek eers daaraan gedink om die Genade boodskap met haar te deel nie. Ons gesprekke was altyd net oor motorfietse en die moeilikhede in die bedryf. 

Vanaand toe ek staan en skottelgoed was, het daar ‘n hartseer in my binneste opgekom vir haar. Ek moes met haar gepraat het … Meer as een keer het die ongelukkigheid wat by haar was, my opgeval. 

Ek het nie werk gemaak daarvan nie. 

Vandag, toe haar baas met my praat en die verhaal vertel, het ek met die vrou my getuienis gedeel. Ek het verstaan waar die meisie haar bevind. Ek kon met haar deel dat Jesus my uit verslawing bevry het. Ja, my kwota was ten minste 1 tot 2 bottels whiskey per dag en later ook voorskrif verdowingsmiddels. 

Ek moet ophou om net te dink oor die goedheid van die Here. Ek moet dit gaan deel met almal wat my pad kruis. Jesus kan en wil almal red. Sy goedheid is nie vir ons om te ontvang en in ’n pakkie te sit en vir onsself te hou nie.  

MAG DIE HERE MY HELP! 

15… As iemand julle uitvra oor die dinge wat God julle beloof het en waarna julle so uitsien, gryp die kans aan. Vertel hulle daarvan. 

Mag ons elke kans aangryp om ander te vertel van die hoop wat in ons lê. Mag ons dit nooit net vir onsself hou nie. Mag ons woorde en lewe mense red! 

Teks
1 Petrus 3:12-17 

Om oor na te dink
Is jy gereed om God se hoop boodskap uit te dra?
Waar en hoe gaan jy dit doen?
Wie se naam kom lê in jou hart? 

Gebed
Vader, ek weet ek moet U verlossingsboodskap uitdra. Ek weet ook aan wie. Maar ek is bang. Laat U Heilige Gees die stokke vat. Ek stap saam. Ek vra dit in Jesus se Naam. Amen.  

Sluit Aan


Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek