Die Here veg vir jou
Baie dankie vir Kruispad. Ek bring elke Maandag jou inspirende boodskappe vir my personeel. Dit gaan soms stormagtig en ek het onlangs deur ’n moelike tydjie gegaan. God het my deurgedra. Die agteraf geselsies en jaloesie het ek aan God oorgegee en wonder bo wonder het dit my immuun gemaak. My waardes word voor hulle oë deur vreemde Godsvresende mense geopenbaar en ek staan verstom hoe God my stilgemaak het en gesê het: “Los alles in My Hande.”
Ek leef nie meer vir die wêreld of om ander te beïndruk nie. Het nog nooit nie. Dis net dat ek God se teenwoordigheid langs my voel. Soms ‘n hand op my skouer en vermaning om kalm te bly. Ek probeer bemoedig waar ek kan. God se Genade is inderdaad groot. Ek leef my uit om ‘n verskil in elke mens en kind se lewe te maak.
Elke kind is soos my eie. Dienswillig aan die gemeenskap. En die woorde “Be the change you want to see in the world” is my leuse. Ek kan nie verandering teweeg bring as ek nie self bereid is om te verander nie. Ek is geseënd met ’n gawe om enige situasie 5 tot 10 stappe vooruit te ontleed en aanpassings te maak.
In die verlede was dit frusterend as ek sien ander het nie ’n benul waarom ek ‘n spesifieke besluit steun of nie. Wat God egter in my teweeg gebring het was geduld. En om vir almal te bid. Selfs die jaloerses wat agter my rug praat. Maar dan bid ek maar net vir hulle. Ek is self mos ’n feilbare mens. Dankie vir die daar wees. Elke boodskap is asof dit gekryf is vir my. Toe ek die naweek nie Kruispad kry nie gaan ek terug in my emails toe my foon stukkend was en kom op die “Alles bo die tafel” boodskap af. Baie gepas met waarmee ek worstel. Weereens het God my kom kalm maak.
Ek strewe nie na prestige of om ander te beïndruk nie. Ek het ’n natuurlike werksetiek. Is passievol en het ’n toekomsvisie. Ek bid en vertrou dat God my deur hierdie moeilike tye sal dra en aanhou wys dat ek alles net in Sy hande moet plaas.
Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg.
