Laat ons nog lank lewe
Daar is baie mense wat sê dat ons net vir God moet lief wees en slegs op Hom moet fokus. Want Hy is goed en die wêreld nie. Daarom moet ons nie die lewe hier liefhê nie, want alles hier is boos. Dis vreeslik ver van die waarheid. Die lewe is God se genadegeskenk aan […]
Lees meer
Die tong wys die hart
Ek staan die afgelope tyd verwonderd, nee, eintlik verbaas, hoe mense kan aangaan en hul gasket blaas oor ietsie klein. So sien ek in die parkeerterrein hoe ’n tannie uit haar kar klim en op ’n jongman neerdaal. Shame, die outjie het maar net gestaan en gewag dat die Tannie klaar raas. Maar sjoe, haar […]
Lees meer
Net skoon woorde
Met die droogte in die Kaap het ek begin om reënwater op te vang. Baie mense het op die wa gespring en plastiektenke gekoop. Ek het ’n ordentlike job daarvan gemaak en vyf 5000-liter tenke opgesit. Al die tenke is aanmekaar gekoppel en as dit so 100 millimeter gereën het, is die tenke propvol. Met […]
Lees meer
Die tong se default settings
Ek was ’n bietjie swaar op honde gewees, maar dit was nie my skuld nie. Ek was altyd baie lief vir my honde en het met hulle gepraat so asof hulle presies kon verstaan wat ek vir hulle sê. So groet ek die honde wat in die son voor die kantoor sit. Dit lyk of […]
Lees meer
Die een wat die vuurhoutjie trek
Wanneer ons kamp, is die vuur die middelpunt. Dis waar ons kosmaak en onsself warm maak as die wind so koud deur ’n mens waai. Dis hier waar ons tot laataand sit en gesels en lag. Het jy al om ’n vuur gesit en mense dopgehou? Terwyl hulle gesels, kyk hulle nie eintlik vir mekaar […]
Lees meer
Die prentjie wat ons tong wys
Iemand daag skel-skel by my skerm op. Dis nou van hoe sleg ek is en hoe verkeerd ek skryf. Ek is al baie dinge gesê, maar die persoon heg ’n hele rits nuwes by. Ek moet woes koes. Toe my emosies hul lê gekry het, kry ek kans om rustig oor die aanval te dink. […]
Lees meer
Klein maar ge-train
Ek ry Kaapse hawe toe en verkyk my aan my bakkie se stuurwiel. Deesdae met die kragstuur vat ’n mens hom mos net so met die pinkie en draai dit gemaklik. Soos jy draai, volg die hele sware bakkie agterna. Ons stop daar duskant die droë dok. Dis mos waar hulle die bote waaraan gewerk […]
Lees meer
Slaan bal mis
PP Fourie skryf in sy boek, ’n Hart is so groot soos ’n vuis, hoe sy pa vir hom en sy ma afgeknou het. Hy vertel hoe hulle Oukersaand deur die strate gestap het en gekyk het na gelukkige families wat om ’n kostafel sit en kuier. Hulle het op die vooraand van die herdenking […]
Lees meer
Sit jou tong op kamp
My ma het altyd gesê: “Stadig nou my seun. Onthou, jy het twee ore en een mond.” Ek was nog klein en my ma het seker gesien ek kyk haar met sulke vraagtekens aan, toe help sy my: “Jy moenie so vinnig praat nie. Luister eers twee keer so lank voordat jy jou een tong […]
Lees meer
Dis die ref se skuld…
Daar was al baie kere in my lewe waar ek dinge gesê het wat kon gebly het. Soos wat die woorde hier by my mond uitglip, besef ek dat dit nou nie die regte ding is om te sê nie en dan wil ek hulle een vir een gryp om terug in my mond te […]
Lees meer