God se Woord in vandag se woorde

Bid net


Klik hier om na Sondag se preek van Gerjo Ben: Watter grond lê in jou hart? op YouTube te kyk. 

Klik hier om op ons YouTube Channel te subscribe.

As jou beste vriend in ’n finansiële verknorsing sit en jy het toegang tot onuitputlike fondse, sal jy vir hom of haar genoeg gee om weer kop bo water te hou?

As jy ’n middel het wat jou vriend se ongeneeslike kwaal kan gesond maak, sal jy dit deel?

As jy ’n boek het wat jou huwelik uit tamatiestraat gered het, sal jy dit deel met vriende wat met hulle huwelik sukkel?

Ek vermoed die meeste van ons sal kliphard skree: JA!

Natuurlik sal ons ons vriende help met enige iets wat ons weet sal help. En tog is daar iets wat help en ons gebruik dit nie. Dit is vir elkeen van ons beskikbaar, maar lê baie mooi opgemaak in die boksie.

Gebed. Gebed werk. Gebed kan genesing bring. Gebed bring genesing. Nie net in liggaamlike siekte nie, maar ook in geestelike siekte. Dit help verhoudings wat siek is. Dit help finansiële siektes. Die maak orals gesond.

Hier is die opdrag: 16… Bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. So eenvoudig soos dit. Geen boeke vol kennis nie. Net bid.

My vriend Viv daar uit die Oos-Kaap vertel van sy vrou se gebiddery:

Paulus sê mos: Bid sonder ophou.  Klink of dissipels dit ook snap as hulle vra: Here leer ons bid en die mooi “Onse Vader” sien die lig.   Ek stem, wat vir ons wonderwerke is, is eintlik iets alledaags vir God.  Gebed en aktiewe geloof bly kar-perde van formaat.

My vrou bid tot vir parkeerruimtes as sy bank toe ry.  Sê: Sien jy hoe werk ek en God saam met die ou man in sy helder oortrektrui sonder voortande? Byna spoggerig knik sy dan in die oop staanplek se rigting. 

Laaste tyd het ek haar taxibestuurder geraak en ry sy net windmakerig saam om dan te sê: “Daar’s plek!”  Tog betaal sy hom steeds sy footjie, al sit ek in motor en wag. “Ou vrou, hoekom betaal jy, as ek kar oppas?”

“Sommer, hy het my in verlede baie goed gehelp. Ons is vriende.”

Dis als nalope van aktiewe gebedslewe, dink ek.  Soos my nefie André sou sê: Als voetnotas ou neef.  Jy moet kan weet waar die eintlike kern rus.

As dit dan vir ’n parkeerplek vandag nog werk, hoekom sal dit nie genesing vir jou vriende se siekte bring nie?

Ons moet net glo. Ons moet net in gebed glo en bly bid vir ons vriende se genesing. Dalk is die een se geloof siek en sukkel hy of sy om te bid. Bly glo en bid vir hulle om te begin glo. Gebed werk nog!

Teks
Jakobus 5:13-20

Om oor na te dink
Glo jy in gebed?
Bid jy?
Bid jy vir jou tjommies en ander?

Gebed
Vader, ek glo in gebed. Ek glo dat gebed nog vandag werk. Vandag bid ek vir… Amen.

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.

Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek