Kruispad is ‘n christelike bediening wat gebruikers elektronies met die Woord van God bedien.
Die wêreld raas so daar buite dat die mens nie meer God se Woord hoor nie. Daarom poog Kruispad bediening om God se Woord in gewone verstaanbare taal by die leser uit te bring.
Kruispad poog om die Bybel
- in hedendaagse idioom te verwoord
- maklik verstaanbaar te maak
- elektronies te bring
- die Koninkryk te vergroot
En om die leser
- weer lief te maak vir God se Boodskap
- te lei om dieper in God se Woord te grawe
- raad en leiding uit die Woord en praktyk te gee om die regte keuse by kruispaaie te maak