God se Woord in vandag se woorde

Wees lief


Ons aanvaar baie dinge as vanselfsprekend, wat vir ander mense nie so vanselfsprekend is nie. Sodra daar iets wat normaal in jou lewe moet wees, ontbreek, raak jou lewe gou abnormaal. 

Richard, (skuilnaam) gee ’n goeie voorbeeld:  

Ek het ’n klaar betaalde mooi huis. 

My yskas is vol. 

Ek het ’n klaar betaalde pragtige voertuig. 

My kinders is slim, geleerd en opgevoed. 

Ek het ’n gesonde besigheid met groot ’n turnover.  

MAAR MY VROU HET MY NIE LIEF NIE! 

Hoe kan jy dan positief wees? Die liefde van jou vrou is belangriker as al die bogenoemde goed! 

’n Mens aanvaar sommer net liefde van die ander persoon as normaal, maar sodra dit ontbreek, raak jou lewe abnormaal. Dan mis jy dit. Dan wens jy dit kan net weer wees soos aan die begin. 

Dadelik wil ek sê dat ek gelukkig nie hier is nie. Ek vermoed jy sal ook nie jouself in hierdie liefdelose kategorie plaas nie. Maar is dit regtig so? Is daar nie hier en daar tog maar optredes wat so bietjie gestroop is van die liefde nie? 

Jesus het die appelkar kom omgooi en die wet van Sy Vader baie eenvoudig kom maak. Wees lief vir God en wees lief vir jou medemens. Boef! Dis al. Wees net lief. 

Wil jy doen soos God en Jesus se opdrag? Dank moet ons mekaar liefhê. 11“Ons moet mekaar liefhê!” Hierdie boodskap het julle reg van die begin af gehoor. 

Ons kan vir ons gesinne alles gee. Ons kan ’n dak oor hulle kop gee. Ons kan sorg dat die koskaste en yskaste bult van al die kos. Ons kan selfs die beste geleerdheid vir ons kinders gee, maar as ons vergeet om die liefdesding in alles te doen, is ons net raserige simbale, met geen ware impak nie. 

Baie keer is dit die eie ek wat net wil hê en vat, wat in die pad kom staan en keer dat ons liefhet en liefde leef. Baie keer staan liefde tweede in die ry. Ander verkies eintlik eerste liefde, die res kan maar wag. 

Het jy al gesien waar iemand in die gejaag gaan stilstaan by iemand en net aandag gee? Daardie persoon se gesig helder so op en voel so geëerd dat iemand anders tyd maak. 

Mag ons hierdie opdrag van Jesus ernstig opneem en mag dit deel word van ons elke dag se stap. In elke dingetjie wat ons doen, laat dit getuig van liefde. Laat dit getuig van die liefde wat God vir ons gehad het.  

Mag elke daad van ons getuig van die groot liefde wat Jesus vir ons aan die kruis kom wys het.  

Teks
1 Johannes 3:11-18 

Om oor na te dink
Hoe dik loop liefde in jou dade?
Waar moet jy die liefdeloosheid uitwerk?
Waar moet jy meer liefde inwerk? 

Gebed
Jesus, dankie vir U liefde vir my aan die kruis. Mag U liefde in elke daad van my weerspieël word. Amen. 

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.

Besoek ons web-winkel om Kruispad leesstof aan te skaf

Besoek ons winkel
Kruispad Boek