God se Woord in vandag se woorde

Argief


God staan agter die gordyn

Ek het al die storie vertel van ons vier vriende wat vir ons ander vriend in Australië gaan kuier het. Dit was ’n verskriklike lekker tyd saam en ons het baie sports gehad. Ons was ook vir ’n week op ’n seiljag naby die Great Barrier Reef. Ons het elkeen ’n taak op die seiljag […]

Lees meer

Hoop trek ons deur

Ek was as skoolkind al ’n entrepreneur. Nie dat ek geweet het dit is wat ’n mens dit noem nie. As weduwee het my ma hard gewerk om die pot aan die kook te hou, maar vir my eie sakgeld moes ek self werk. En ek was nie bang nie. So kry ons eendag ’n […]

Lees meer

Van gemors na geredde

Daar word by ons huis ingebreek. Dit nogal helder oordag en reg van voor by die voordeur. Dis nogal sleg dat iemand sommer net so by jou huis instap en vat wat hulle wil. Doen wat hulle wil en krap waar hulle wil. Op die koop toe, word my seun se skootrekenaar vervang en ek […]

Lees meer

Van gemors na geredde

Debbie vertel dat sy in ’n huis grootgeword het waar nie een van haar ouers geglo het nie. Sy was nooit in ’n kerk nie en het nie geweet van Sondagskool nie. Sy het haar lewe op haar eie terme geleef, sonder God. Sy is in en uit verhoudings. Die een erger as die ander […]

Lees meer

Ons hoop lê nie in toiletpapier voorraad nie

Baie mense sal in die volgende weke nie kerk toe kan gaan nie. Ons kan hulle wel elektronies bedien. Stuur gerus vir hulle hierdie stuk aan en plaas ebyb@kruispad.com in die CC lyn. Dan sal ons hulle by ons gratis verspreidingslys voeg. My vrou, Renata, gaan Maandagoggend vroeg Spar toe. Mense het by ons oorgeslaap […]

Lees meer

In die steeg!

Hoekom stry mense tog so maklik en baie maal oor dinge waaroor hulle nie heeltemal ingelig is nie? Hulle hou hulle opinies as die waarheid voor en later glo ander dit asof dit wél die waarheid is. Dalk moet ons onsself nie so ernstig opneem nie. Dalk moet ons dít waarin ons so onwrikbaar glo, […]

Lees meer

God verlos jou – dis genoeg

Hier in die middel pop daar ’n snaakse vers op. Dis asof Paulus homself bedink. Hy weet hy het al só baie vir Timoteus geleer, maar is dalk bekommerd dat hy dalk te veel gepraat het en Timoteus so effe verdwaal geraak het tussen al die dinge wat hy tot nou toe vir hom geskryf […]

Lees meer

’n Loodgieter se hoop

Daar word dikwels in die Bybel gepraat van Jesus wat die Verlosser is. En dit is so – Jesus het ons via die kruis verlos van ons sondes. Maar baie interessant is dat Paulus hier aan die begin van die brief aan Timoteus, God ook die Verlosser noem. 1… God ons Verlosser en van Christus […]

Lees meer

Hoop laat die son weer opkom

Ek stuur op Instagram ’n prentjie uit van ’n bokser wat kop onderstebo sit. Sy kop hang laag tussen sy hande. Ek is moeg. Ek kan nie meer nie. Ek weet nie waarheen nou nie. Ek weet nie of daar iets is om in te glo nie. Die opskrif is baie eenvoudig: Moenie dat swaarkry […]

Lees meer

Staaldak met ’n vaste wete

Nou die dag kom my seun hier ingestorm en hy lyk te koddig. Hy het my staaldak (soos ons dit genoem het) van my weermag dae op sy kop en die bandjies wat die staaldak bo hou, swaai heen en weer langs sy gesig. Sy kop is heeltemal te klein en hy moet omtrent sy […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.