Saam in die span
5Die goeie nuus oor Christus wat ons daar by julle gepreek het, was nie maar net ’n klompie mooi woorde nie. Nee, die Heilige Gees het ons prediking kragtig in julle lewens gebruik. Ek en my span word genooi om vir ’n week lank elke oggend ’n boodskap te bring by ’n Laerskool in die […]
Lees meer
Trek jy aan of stoot jy af
So aan die einde van ’n week spreek ek en my vrou af dat ons die naweek niemand gaan nooi nie. Net rustig saam met die gesin wees en batterye laai. Maar as dit Vrydag laatmiddag raak, kry ons al klaar onttrekkingsimptome en begin ons rondkyk vir ’n kuier of ’n braai tuis of by […]
Lees meer
Dankie vir wat jy doen?
Paulus is baie opgewonde oor die mense van Tessalonika. Die boodskap van die opgestane Jesus Christus het ’n lêplek in hulle harte gekry. Daar was ’n merkbare verskil in hulle lewens en hulle optrede het dit gereflekteer. Daarom trek Paulus hier aan die begin van die brief weg met groot dank aan hulle: 2Elke keer […]
Lees meer
Volhou, uithou, aanhou
So tussendeur die groetery, spring een ou se naam by Paulus op: Argippus. Maar vir hom stuur Paulus nie groete nie. Nee, hy moedig hom aan om sy roeping ten volle uit te leef en dit tot die einde ernstig op te neem: 17En, o ja, sê asseblief vir Argippus dat hy moet volhou met […]
Lees meer
’n Paal bo water
Baie keer vra mense of hulle my as referent op hulle CV kan plaas. Vir sommige doen ek dit met graagte, vir ander met so ’n effense huiwering, want ’n mens moet mos eerlik wees as iemand jou bel en vra om ’n opsomming van iemand te gee. Wanneer iemand ’n navraag het oor iemand […]
Lees meer
Wat ruik die mense by jou?
Ons vat die pad na Vredendal om samesprekings te gaan voer met ’n gemeente. Wat dit presies beteken weet ek nie, maar ons was die naweek daar en het lekker saam met hulle potjiekos geëet, basaar gehou en sommer net lekker gekuier. Op pad terug stop ons by Piketberg se Spur waar ons vinnig oor […]
Lees meer
Jy’s dalk die enigste Bybel
Of jy dit nou wil weet of nie, mense hou jou dop. En ek weet nie hoekom dit so is nie, maar mense sit met vergrootglase en soek na daai plek waar jy nét buite die lyn van die speelveld getrap het. Dan word dit wyd en syd uitgeblaker. Ek sit by ’n vriend in […]
Lees meer
Die goeie nuus op die regte tyd
Wanneer jy ’n Damaskus ervaring soos Paulus gehad het, verander jou lewe handomkeer. Waar Paulus voorheen die Christene uitgemoor het, speel hy nou 100% vir die anderkant. Hy kan nie anders as om al sy energie te gebruik om mense van Jesus te vertel nie. Wanneer ’n mens van aangesig tot aangesig met Jesus kontak […]
Lees meer
Verhoudingsbarometer
Verhoudings is baie belangrik. As verhoudings nie lekker loop nie, loop ’n mens nie lekker nie. Dan is jy nie lus om op te staan nie en jy het nog minder krag om enige uitdaging aan te vat. Verhoudings is baie keer die barometer en wys gou vir die wêreld hoe dit gaan met jou […]
Lees meer
’n Lewe wat God wys
Ons kom uit die kerk gestap. Dit was ’n boodskap oor liefde en doen en omgee. Die kinders merk op dat die prediker dit in sy lewe uitstraal. As hy vra hoe dit gaan, doen hy dit met deernis en staan altyd reg om te help, waar hy ookal kan. Dis ’n mooi getuienis. Hulle […]
Lees meer