Leef die waarheid – al kos dit wat
Hoor hierdie pragtige getuienis van iemand wat die waarheid gelewe het: Richard Wurmbrand was ’n evangeliese predikant in Roemenië tydens die Sowjet-besetting ná die Tweede Wêreldoorlog. Toe die kommuniste aan bewind gekom het, het hulle ’n sogenaamde “Kongres van Kultusse” byeengeroep, waar godsdienstige leiers veronderstel was om trou aan die nuwe kommunistiese regime te sweer […]
Lees meer
Waarheid bring vrede
My swembad lek en ek is mismoedig, want ek het al orals gekyk waar die lek kan wees, maar sonder sukses. Ek bel ’n professionele persoon om te kom help. Sy manne kry gou die gat en maak dit in ‘n japtrap reg. Die rekening is nogal aan die hoë kant, maar ek gee nie […]
Lees meer
God getuig
Ons vertrou nie altyd almal se stories nie. Enige nuus wat ’n mens deesdae kry, moet jy eers gaan seker maak of dit die waarheid is. Daar word die volgende storie vertel: Lank, lank gelede was daar ’n groot koninkryk met ’n regverdige koning. Hy was geliefd by al sy mense. Die koning het ’n […]
Lees meer
Waarheid, leuen en ’n slap riem
Mens dink mos ander mense is soos jy. Ons dink ons speel almal die lewe met dieselfde spelreëls en doen die dinge op dieselfde manier, maar dit is nie so nie. Ek het al my vingers so gebrand. Toe ek nog by die besigheid was, het mense ’n paar maal met die spreekwoordelike Bybel onder […]
Lees meer
Deel die waarheid
Oupa kuier by ons. Ons werk, so oupa moet maar sy eie ding doen. Ek hou hom dop. Hy is pal op sy foon. Teen middagete moet hy eers die foon gaan laai, want sy skermtyd vreet sy battery. Dis verstommend om te sien hoe oupa aan die begin nie eers geweet het waar om […]
Lees meer
Waarheid laat ’n mens anders loop
Dis nou die vierde keer dat ons stilstaan by die eerste vers van Paulus se brief aan Titus. Ons het gehoor dat ons een sin-CV ’n opsomming moet wees van hoe ons God se waarheid uitleef. Ons het gehoor dat ons met vreugde ’n dienskneg van God is en dat ons die waarheid wat alle […]
Lees meer
Pasop vir die ou met die Bybel onder sy arm
Ons weet dat nie alles en almal in die wêreld goed is nie. Alhoewel sommige van die dinge soms goed lyk, is dit ons elkeen se verantwoordelikheid om seker te maak dat ons nie van die pad gelok word nie. So maklik word ons deur die oënskynlike mooi en voorspoed verblind om net om die […]
Lees meer
Dis ’n proses
Ek het altyd gedink dat my geloof in God my eie toedoen is. Ek moet kliphard Sy Woord bestudeer en soveel as moontlik van die waarheid indrink om my geloof in God sterker te maak. Maar ek weet nou dat dit nie net van my afhang nie. Dankie tog, want op my eie sal ek […]
Lees meer
Sommige geestelikes se warra-warra
Ek en ’n vriend ry saam en praat ’n bietjie oor ons belewing van hoe ander mense hulle geloof uitleef. Ek vertel hom dat ek soms minderwaardig voel teenoor ander se manier van dinge doen. Die manier waarop ander hulle geloof uitleef, laat voel my soms skuldig en dan sit ek vraagtekens agter my eie […]
Lees meer
Die les van die pakkie skaam
Een of ander tyd kom oneerlikheid uit. Ja, daar is vergifnis vir ons verkeerde dade, dankie tog daarvoor, maar op ’n manier kom verkeerde dade altyd iewers uit. Ek onthou nog toe ek en my vriende as tienjariges besluit het om skelm te rook. Ons het êrens geld in die hande gekry en ’n pakkie […]
Lees meer