God se Woord in vandag se woorde

Argief


Volhou, uithou, aanhou

So tussendeur die groetery, spring een ou se naam by Paulus op: Argippus. Maar vir hom stuur Paulus nie groete nie. Nee, hy moedig hom aan om sy roeping ten volle uit te leef en dit tot die einde ernstig op te neem: 17En, o ja, sê asseblief vir Argippus dat hy moet volhou met […]

Lees meer

Wat jy doen, spreek so hard, ek kan nie eers hoor wat jy sê nie

Ek het my dae in die markplein verskriklik baie geniet en dit was vir my lekker om ander mense en hul bedienings te help. Nie dat dit vandag enigsins verander het nie. Elkeen van ons het mos ’n verantwoordelikheid om ander te seën en van ons seëninge aan te pass.   Wat wel vir my verander […]

Lees meer

Waar daar liefde en deernis is

Pieter (skuilnaam) vertel ’n storie van sy skoonsuster daar uit Velddrif se wêreld:  Sy vertel dat sy by die Spar op Laaiplek haar inkopies gaan doen en dat daar altyd ’n vrouesekuriteitswag by die in- en uitgang staan.  Die vrou het altyd hartseer en moedeloos gelyk.   Eendag stap sy weer verby haar en groet en glimlag […]

Lees meer

Mannetjie wys ons hoe

Ek kry eintlik trane in my oë toe ek die storie van Arina (skuilnaam) lees:  Ons het Saterdag saam met ons kinders die dag bestee. Die jaar was so deurmekaar en op sy kop en ons moes net weer saam alles regskud.   My kleinseun, Alex, van twee en ‘n half, was ook saam. Hy het […]

Lees meer

As daar nie liefde is nie, bly net haat

Wat is die teenoorgestelde van liefde? Dis mos haat. Wanneer die liefde dus ontbreek, neem haat die ruimte in.   So maklik sê ons dat ons nie iemand haat nie, maar ons het geen liefde vir daardie persoon nie. As ek dit reg verstaan, is daar net twee kante van die munt: liefde of haat.  Daar […]

Lees meer

Ons harte vertel die storie

Ons seun neem deel aan die Ysterman in Durban. Die atlete swem 3.8 km, ry 180 km fiets en dan nog gou ’n volle marathon. Ek verstaan nie hoe ’n mens dit alles kan doen nie, veral as jy ’n lyfie het soos ek.  Dit laat dink my aan Spreuke 28:1 wat sê: Die goddelose […]

Lees meer

Dade wat jou geloof uitskree

Deur te kyk na die klere wat mense dra, kan jy gou bepaal watter werk die persoon doen. ’n Man met two tone klere aan, is heel waarskynlik ’n boer. Iemand met ’n wit jas, ’n dokter. Iemand met ’n geoliede oorpak, ’n mechanic.   Sonder dat hulle ’n woord spreek, kry ’n mens ’n goeie […]

Lees meer

’n Siel gepynig vir ander

Kom ek vertel ’n storie.   Lank lank gelede het daar ’n ou man in ’n dorpie gebly. Die dorpie se mense het, volgens hulle, ’n baie lekker lewe gehad. Die man was egter baie bekommerd oor die hele dorp se manier van lewe.   Jy sien, die hele dorp se inwoners het nie ’n saak gehad […]

Lees meer

Christenskap is ’n werkwoord

Taalkundig is Christen eintlik ’n selfstandige naamwoord, want dit dui die naam van ’n spesifieke groep aan. Ek wil eintlik sê dis ’n werkwoord, want om ’n Christen, ’n ware Christen te wees, veronderstel werk.  Miskien moet ons net eers hier die pas markeer. Gou sal mense op en af spring as ’n mens oor […]

Lees meer

Moenie brom-brom gee nie

Sommige mense kan nie sommer net gee nie. Sommige mense is so besig met hul eie lewe dat gee en ander help nie deel is van hulle prentjie nie. Ja, daar is mense wat net vir hulself leef en bloed uit ander sal tap.   Gelukkig is ons darem nie so nie. Ons verstaan wat ons […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.