Goedheid en vrede vir jou!
Ek probeer intensioneel meer bid. Ek probeer veral meer bid vir ander mense. Ek dink dit sal beter gaan as ons almal meer vir mekaar bid. Ek word vroeg wakker – lank voor my wekker. Dit is ekstra tyd waarvoor ek nie beplan het nie en toe bid ek. Ek bid vir die kinders by […]
Lees meer
Tenke vol genade, omgee en vrede
Wanneer die Bybelskrywers ’n brief begin en afsluit, doen hulle dit met ’n seëngroet. Dis amper soos wanneer jy vir ’n vriend sê: “Mag dit goed gaan met jou dié week!” Maar die Bybelse seëngroet is veel meer. Dis nie net ’n gewone groet nie, maar ’n seën. Dis ’n herinnering aan God se guns […]
Lees meer
Waarheid bring vrede
My swembad lek en ek is mismoedig, want ek het al orals gekyk waar die lek kan wees, maar sonder sukses. Ek bel ’n professionele persoon om te kom help. Sy manne kry gou die gat en maak dit in ‘n japtrap reg. Die rekening is nogal aan die hoë kant, maar ek gee nie […]
Lees meer
Vredemakers in die storms
Daar word die storie vertel van ’n koning wat eendag ’n kompetisie uitgeloof het op soek na die kunstenaar wat vrede die beste kan skilder. Baie bekende skilders het ingeskryf vir die kompetisie, want die prysgeld was groot. Daar was baie indrukwekkende skilderye. Die een het veral uitgestaan met groot berge en pragtige blou lug […]
Lees meer
Goedjies vat en loop nie
Klik hier om na Sondag se preek van Gerjo Ben: Waarvan die hart vol is… op YouTube te kyk. ’n Mens se gemoed kan darem gou tussen die vloer en politoer inval as die dinge wat vir ons belangrik is, net nie lekker wil loop nie. Wanneer ons land en sy dinge nie goed bestuur […]
Lees meer
Vrede in jou skaduwee
Jakobus het vir ons op ’n eenvoudige manier kom wys wat wysheid beteken. Maar nou, met die laaste vers, kom gooi hy ’n bom. Die 1933-vertaling vertaal dit so: 18En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak. As ’n mens dit ’n paar keer lees, maak dit nog […]
Lees meer
Wees content
Almal weet van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. Dit is op elke nuuskanaal. Maar weet jy dat daar in Afghanistan, Ethiopië, Jemen en Saoedi-Arabië burgeroorloë aan die gang is? Dan is daar by die 20 ander lande wat ook in oorloë gewikkel is, hoofsaaklik teen terroriste of dwelmsindikate. Dit lyk rof in die wêreld […]
Lees meer
Wees nommer 3
Alle mense op aarde soek eintlik net een ding en dit is ware geluk. Sommige soek dit in dinge soos, karre, klere en kayas. Hoe groter en blinker en mooier, hoe beter, maar ongelukkig het dit niks met ware geluk te make nie. Sommige soek dit weer in roem, maar daar is hordes baie bekendes […]
Lees meer
Geloof dryf vrees uit
Die inenting teen COVID-19 bring baie verskillende opinies na vore. Party sommer ernstig. So kry ek ’n klankgreep van ’n prediker wat kwaai is. Hy gebruik woorde wat mense voor die bors gryp. Hy jak mense af en gee sommige ’n baie lelike label. Sy opinie is baie eenvoudig. Indien jy die inenting neem, gaan […]
Lees meer
Weet vir seker
Toe ons in grendeltyd was, is ons almal wat by die huis spin, uitgedaag om ’n 100 km in ’n sekere tyd af te lê. Vir almal wat dit regkry, sou iemand ’n groot donasie vir die dorp se sopkombuis skenk. Ek het my hand opgesteek en begin trap dat die sop (oftewel sweet) spat! […]
Lees meer