God se Woord in vandag se woorde

Argief


Waar daar liefde en deernis is

Pieter (skuilnaam) vertel ’n storie van sy skoonsuster daar uit Velddrif se wêreld:  Sy vertel dat sy by die Spar op Laaiplek haar inkopies gaan doen en dat daar altyd ’n vrouesekuriteitswag by die in- en uitgang staan.  Die vrou het altyd hartseer en moedeloos gelyk.   Eendag stap sy weer verby haar en groet en glimlag […]

Lees meer

Leer uit foute en doen dan net reg

Ek ry saam met my broer van ’n ander moeder, Namibië toe. Hy geniet dit om my saam te vat, want as ’n afgetrede bestuurder van InterKaap (in my studentejare) is ek nie bang vir ry nie.   As die wiele rol, slaap hy so in die regop posisie, maar as hy wakker is, praat ons […]

Lees meer

Doen wat die coach sê: Dien ander ook!

Petrus is die coach en neem ons hand om ware Christene te word. Dis ’n lang pad en ek vermoed ons kan nooit sê: “Aha, nou het ek gearriveer!” nie. Maar tog raak ons met die tyd anders en begin ons doen volgens God se wil vir ons lewe.   Dis nie eintlik kernfisika wat ons […]

Lees meer

Doen wat die coach sê: Dra God se vrugte!

Ons is besig om te oefen om meer binne die wil van God te lewe. Ons moet doen wat reg is. Ons moet sorg dat ons ’n klomp wysheid bymekaarmaak. Ons moet ten alle tye binne beheer bly en ons moet sterk staan as die winde ons wil omwaai.   Nou sê coach Petrus: volhard met […]

Lees meer

Iemand om op staat te maak

God het vir ons elkeen gawes gegee om ’n verskil te maak in ander se lewe. Sommige in een of twee mense se lewens. Ander weer om ’n verskil in baie mense se lewens te maak.   Petrus was ’n visserman en die kenners is onseker of hy kon skryf, maar as jong Joodjie moes hy […]

Lees meer

Kolskoot met talente

Op die plaas het ek ’n paar keer dieselfde fout gemaak. Wanneer ’n mens ’n goeie werker kry, wil jy hom help om meer geld te verdien. Jy soek vir hom ’n werk met meer verantwoordelikheid en stel hom aan as voorman.  Hy is dankbaar, maar gou sien jy sy kop sak. Hy sukkel en […]

Lees meer

Deel te hê aan die eer en kosbaarheid

Baie keer moet ’n mens eers iets ontdek om te weet wat jy al die jare gemis het. Ons het ’n klein staal vuurmaak plekkie in die huis gehad. As dit koud is, het ons gou die vuur aangesteek. Ons moes die vuur woes stook om net ’n klein verandering in temperatuur in die huis […]

Lees meer

Sodat ander vir God kan ervaar

Lewende stene bring lewe in ’n dooie wêreld. Lewende stene doen dinge wat vir God aanneemlik is. Lewende stene se lewe maak ’n verskil in die wêreld en dit is vir God verskriklik lekker om dit te sien. Hoe lekker is dit nie om vir ander mense iets te doen nie? Hoe lekker is dit […]

Lees meer

Lewe gee, selfs deur die dood

Baie keer trek mense die teologie skeef. Hulle lê só klem op die feit dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het en dat ons niks hoef te doen om ons plekkie in die hemel te verseker nie, dat dit ons eintlik vryskeld van enige verantwoordelikheid om volgens God se wil vir ons […]

Lees meer

Lewende stene in God se virtuele huis

Die tempel het sentraal gestaan in die Jode se aanbidding. Dit was ’n forse gebou waar hulle geglo het God leef. Hier het hulle tot Hom geoffer. Hier het hulle met oorgawe vir God gedien. Maar in die jaar 70 na Christus het die Romeine gekom en die tempel platgevee met die aarde. Dit was […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.