God se Woord in vandag se woorde

Argief


Die hemel trek en stoot nou al

Johannes slaan die spyker in met sy woorde oor die ewige lewe, en ons stap agter hom aan. My seun het die voorreg gehad om deel te neem aan die Ysterman-wêreldkampioenskap in Kona, Hawaii. Dit was ’n groot eer om sy land te verteenwoordig in sy ouderdomsgroep. Hy het hard geoefen. Twee sessies per dag […]

Lees meer

Leef die ewige lewe

Ons praat min oor die ewige lewe. Dit is asof dit ’n pie in the sky is. Iets wat ver in die toekoms lê en buite ons bereik is. Maar eintlik kan die wete van die ewige lewe ons nou al help om deur moeilike tye te beur. Gewoonlik, voordat ’n mens met vakansie gaan, […]

Lees meer

Bring die hoop weer terug

’n Mens moet nogal daarteen waak dat ons nie in negatiewe gesprekke se strik trap nie. Ja, daar is soveel uitdagings. Soveel dinge wat nie werk nie. Dan is dit nie so maklik om deel te neem aan die mense wat heeldag kla nie. Dit is baie keer in die gesprekke dat ons so mismoedig […]

Lees meer

Bly vasklou

Ek is die afgelope tyd so onder die indruk dat daar mense is wat regtig swaarkry. Mense wat al vir lank met een of ander uitdaging sit en nie weet hoe om daar deur te kom nie. Baie bid en smeek dat die spoeg spat, maar niks gebeur nie. Dan verstaan ek dat mense moed […]

Lees meer

Geduldig in verdrukking

Die foto van ’n netjiese man in ’n netjiese sitkamer trek my aandag en ek begin die post van Mpho Lekalakala op LinkedIn lees: In 2010 was ek ’n straatsmous in Marabastad, Pretoria. Ek het skoonmaakmiddels en Cool Time-yslollies verkwansel. Ek het by die Mabopane taxi rank, op bewegende treine, ja, oral het ek gesmous. […]

Lees meer

Leeu, vuur of oorlog

Ons soek ’n rots om teen ’n preek te skiet. Ek het gedink ons sal regkom daar bo by Gordonsbaai by die Steenbrasdam, maar hulle wil ons nie inlaat nie. Ons ry al om die kus tot by Rooiels, maar daar is geen rotse naby die pad nie. Ek sien ’n lekker plek, maar daar […]

Lees meer

Hoop, sekerheid en ligte aanskakel

Saam met die skrywer van Hebreërs, besoek ons die groot name in die Ou Testament, sodat ons by hulle van geloof kan leer. Volgende in die ry, is Josef. Josef is deur sy broers aan ’n slawehandelaar verkoop en dit was juis hierdie weggegooide broer wat hulle gered het, toe hongersnood hulle land getref het. […]

Lees meer

Branders wat klots

Wanneer ek aan ’n preek begin voorberei, skryf ek deesdae heel eerste die volgende neer: “Nie my woorde nie, maar U woorde!”. Want so maklik kom ons eie woorde in die pad en dan maak ons groot foute. Ek preek by ’n aftreeoord in Somerset-Wes. Ek skrik die vorige week in die middel van die […]

Lees meer

Krakie in die geloof

Ons een tjommie wat van ons laerskooldae af met ons saamkom, laat weet op ons WhatsApp-groepie dat die kliere onder sy kakebeen geswel is en hy dokter toe moet gaan. Hulle doen toetse. Dit lyk nie so goed nie. Die uitslae kom eers later en die wag maak hom op. Om so te wag vir […]

Lees meer

Gaan revisit die aftrekplekkies

’n Goeie vriendin maak haar hart oop en vra dat ons tog vir haar moet bid: Vandag is my gemoed nie lekker. Ek is bekommerd. Ek is erg bekommerd oor ’n 50% salaris sny die einde van die maand. Ek is bekommerd oor my toekoms. Ek is bekommerd of ek aan die einde van die […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.