God se Woord in vandag se woorde

Argief


Jy’s dalk die enigste Bybel

Of jy dit nou wil weet of nie, mense hou jou dop. En ek weet nie hoekom dit so is nie, maar mense sit met vergrootglase en soek na daai plek waar jy nét buite die lyn van die speelveld getrap het. Dan word dit wyd en syd uitgeblaker. Ek sit by ’n vriend in […]

Lees meer

Biblioteek met ’n verskil

Baie keer word daar gedink die Bybel is een boek wat deur een skrywer geskryf is, maar dis nie so nie. Die Bybel is eintlik soos ’n biblioteek met verskillende boeke op die rak. Die boeke kan in twee hoofafdelings ingedeel word.  Die eerste, wat bestaan uit 39 boeke, is die Ou Testament en is […]

Lees meer

Die Lig in die duisternis

Die kragkrisis in Suid-Afrika het ’n baie groot negatiewe impak op die ekonomie. Baie besighede moes al hul deure toemaak. Ek wonder hoeveel mense is al dood omdat operasies nie op hulle uitgevoer kon word nie?  Ek wonder hoeveel ongelukke is al veroorsaak omdat verkeersligte nie werk nie? As ’n mens so in die middel […]

Lees meer

Koeël deur Bybel gekeer

Ons almal lees ons Bybels op ons eie manier. Baie verkies om dit nog in ’n gedrukte vorm te lees. Ander lees dit digitaal. Die algemeenste aanlyn platform om dit te lees, is YouVersion. (bible.com)   Op hierdie toep is daar meer as 3 000 weergawes in meer as 2000 verskillende tale. Daar word geskat dat […]

Lees meer

Steek gereeld hand op

Wanneer die jaar draai, die ou ene op sy rug lê en die nuwe een op die horison aan die opkom is, is dit tyd dat ’n mens gedwing word om so bietjie na binne te kyk. Ons moet kyk waar ons is en hoe ons daar uitgekom het. Ons moet kyk wat is verkeerd […]

Lees meer

Maak planne om skoon te kom

Ek hou van krap aan stukkende goeters. Soms is ek nie so suksesvol nie. En ja, soms kry ek die stukkende masjien aan die loop, met nog ’n paar ekstra parte op die koop toe. Dit is baie bevredigend. Gewoonlik is my hande en die res van my parte pikswart van die ou olie en […]

Lees meer

Sit jou hand in die Groot Man se hand

As jy die liedjie, “Put your hand in the Hand”, ken, gee jy jou ouderdom weg. Die liedjie is deur Gene MacLellan in 1971 geskryf. Dit is eerste deur die bekende sangeres Anne Murray gesing, maar eintlik deur die Kanadese gospelgroep, Ocean, bekendgemaak. Dit het die tweede plek op die Billboard Hot 100 bereik. Baie […]

Lees meer

Diepe, volmaakte vreugde verkrygbaar

Hoe sê Emo altyd? “Waar’s dit lekker? Hier’s dit lekker!” Ons mense loop so onder druk. Dis asof lekkerte en die lewe se genietinge net die heeltyd opsoek is. Die verwagtinge van die wêreld en ook dié wat ons op onsself gesit het, druk ons so hard. Dit is sulke tye wanneer ons vra waar […]

Lees meer

Skoongewas

Ek kry êrens die mooi storietjie: ’n Seun wil graag soos sy oupa wees en besluit om alles soos sy oupa te doen. Hy staan vroeg op, drink saam met Oupa koffie en eet beskuit. Toe Oupa die Bybel nader trek, maak hy ook so. Later die oggend vra die seun vir sy oupa: “Oupa, […]

Lees meer

God se woord is kragtig verby

(Baie sit met ‘n hoop onsekerhede oor die COVID 19 inenting. Ek kan nie vir jou ‘n antwoord gee nie, want dit is elkeen se persoonlike keuse. Hier is wel ‘n goeie artikel (klik hier) wat jy kan lees om net eers ‘n paar paddas uit die pyp te haal om jou te help om ‘n verantwoordelike […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.