Dankie vir wat jy doen?
Paulus is baie opgewonde oor die mense van Tessalonika. Die boodskap van die opgestane Jesus Christus het ’n lêplek in hulle harte gekry. Daar was ’n merkbare verskil in hulle lewens en hulle optrede het dit gereflekteer. Daarom trek Paulus hier aan die begin van die brief weg met groot dank aan hulle: 2Elke keer […]
Lees meer
Definisie van liefde
Ek probeer uitvind wat die woord “definisie” beteken. Die woordeboek sê: ’n Kort en presiese beskrywing van ’n idee of begrip. So, ’n definisie help ons om te verstaan wat ’n woord regtig beteken. En toe wonder ek … wat is dan die definisie van liefde? Wikipedia gee die volgende betekenis: Oor die algemeen verwys […]
Lees meer
Leef liefde ook vir die antichris
Baie van ons het grootgeword in gemeenskappe waar die meeste mense hulself as gelowiges beskou het. Mense het nie noodwendig met hulle geloof op hulle mou rondgeloop nie, maar min het openlik teen Jesus standpunt ingeneem. Selfs mense wat nié geglo nie, het hulle hul eie gang gegaan en gesorg dat daar nie veel branders […]
Lees meer
God sit op my troon, of hoe?
Jy kan baie keer sien wat in iemand se hart aangaan deur net te luister wat uit hulle mond kom. Party mense verras jou met iets mooi en opreg. Ander keer dink jy net: “Nee wat, ek bly liewer ver weg. Ek wil nie eers met ’n tang aan hulle vat nie!” Wat mense doen, […]
Lees meer
Verhoudingsbarometer
Verhoudings is baie belangrik. As verhoudings nie lekker loop nie, loop ’n mens nie lekker nie. Dan is jy nie lus om op te staan nie en jy het nog minder krag om enige uitdaging aan te vat. Verhoudings is baie keer die barometer en wys gou vir die wêreld hoe dit gaan met jou […]
Lees meer
Dade wat jou geloof uitskree
Deur te kyk na die klere wat mense dra, kan jy gou bepaal watter werk die persoon doen. ’n Man met two tone klere aan, is heel waarskynlik ’n boer. Iemand met ’n wit jas, ’n dokter. Iemand met ’n geoliede oorpak, ’n mechanic. Sonder dat hulle ’n woord spreek, kry ’n mens ’n goeie […]
Lees meer
Practice what they preach
’n Vriend vertel my die storie van Pieter, Hennie en Susan. (Skuilname) Pieter het moeilik grootgeword. Hy het sy pa vroeg verloor, nie ’n goeie verhouding met sy veel ouer moeder gehad nie en eintlik geen kontak met sy enigste suster nie. Terwyl al die verhoudings eintlik nie bestaan het nie, maak hy met verkeerde […]
Lees meer
Dade wat mooi loop
Ek stap stalletjie vir stalletjie deur by Nampo in Bredasdorp. Dis vir my so lekker om te sien watter nuwe produkte daar is om die boerdery vir die boere makliker te maak. Ek staan lank en gesels met die bekendes. As boerdery lank gelede in jou are was, loop dit nooit weer uit nie. As […]
Lees meer
Dade trek vêr
Ek sê gedurig dat ons nie noodwendig met woorde mense moet vertel van die Here nie, maar veral met ons dade. Die spreekwoord sê mos: woorde wek, maar voorbeelde trek. ’n Mens stap makliker agter ander se dade aan as wat ons hul woorde volg. En nog minder help dit as iemand sê moenie maak […]
Lees meer
Reaksie op aksie
Ons het ’n glas skuifdeur wat uitloop op die stoep. Aan die ander kant van die stoep is my studeerkamer, ook met ’n glas skuifdeur. Renata put baie genot daaruit dat die glasdeure altyd moet skitter. Ek weet hulle is daar en maak altyd met my hand seker dat hulle oop is voor ek deurloop, […]
Lees meer