Dade wat God laat glimlag
Hier met die draai van die millennium, terwyl ek nog geboer het, begin die Stellenbosch Bestuurskool ’n kursus met die naam: Program in wynbestuur. Die idee agter die kursus is om vir mense wat in leiersposisies ingegroei het, maar nie noodwendig die kwalifikasies gehad het nie, meer te leer oor bestuur. Ek het dit verskriklik […]
Lees meer
Blakende gesonde geloof
Vriende kom kuier van die noorde af. Die kuier is soos die Engelsman sê, long overdue. Met Covid en ander uitdagings het ons mekaar jare laas gesien en ons is so opgewonde om ’n hele naweek saam te wees. Dit gaan goed geil die naweek. Ons is die hele Saterdag saam in die kar om […]
Lees meer
Ware geloof het goeie dade
Het jy geweet dat demone nie ateïste is nie? Selfs hierdie wesens wat onder die beheer van Satan is, glo in God. Hulle ken God en hulle weet dat hulle moeilikheid klaar by Hom geboek is. Daarom vrees hulle Hom en gaan hulle woes aan die bewe as hulle aan Hom dink. 19Jy is oortuig […]
Lees meer
Sal jy jou baadjie weggee?
Jakobus se goue draad van doen, is nog lank nie klaar nie. Hy gaan die spyker nog ’n paar keer indryf. Ek vermoed hy doen dit omdat ons so maklik verval in ons ou manier van doen en dan sien ’n mens nie ons geloof raak nie. Ek sien nogal Chris se geloof heel goed […]
Lees meer
Moenie dof wees nie
Ek lê in my bed en ek hoor hoe iemand deur die venster klim. Dis nie lank nie of ek sien hom by die deur inkom. In die maanlig wat deur die venster skyn, blink sy AK-geweer. My hart klop in my keel. Ek sien hoe hy die een kas na die ander saggies oopmaak. […]
Lees meer
Garage maak nie kar
Ek het altyd gesê dat as ek in ’n gemeente sou staan, ek almal se attestate, dis nou ’n groot woord vir jou lidmaatskapskaartjie, sou terugstuur. Dan sal ons mooi om ’n tafel gaan sit en uit die Bybel hoor wat dit beteken om ’n toegewyde kind van God te wees. Die gemeentelede kan dan […]
Lees meer
Blommetjies, skoenlappers en vrugte
Kom ons makeer die pas nog so bietjie by sonde. Dalk ’n onderwerp wat nie genoeg airtime kry nie, veral omdat ons almal so ‘n bietjie onder die soeklig geplaas word en die prentjie nie altyd so mooi is nie. Versoekings wat daagliks in ons pad kom staan, het geen krag nie. Dit kan ons […]
Lees meer
Gedagtes gou by die deur uit
Sonde daag nie met ’n groot geraas by die voordeur op en druk die klokkie totdat jy oopmaak nie. Sonde weet dat as dit op so ’n manier aankom, die huiseienaar dadelik die deur sal toegooi en keer dat die strooi daar instap. Sonde kom saggies en subtiel, sonder aankondiging. Eintlik ongemerk word daar ’n […]
Lees meer
Die stasiemeester se trein
My groot vriend, ons noem hom die Stasiemeester, en sy vrou raak sestig en hulle nooi ’n groep vriende om te gaan verjaarsdag hou by die Muisbosskerm, daar aan die Weskus. Kyk, as jy nou jou vingers wil afeet en jou maag doer wil laat staan, moet jy hier kom draai en maak soos die […]
Lees meer
Om gekou te word
Elke nou en dan kry ek pak oor iets wat ek gesê het. Sommige kere is dit omdat ek iets verkeerd gesê het. Soos met die instelling van die Popia-wet, toe ek vinnig probeer sê het wat dit is. So byvoorbeeld mag iemand jou nie sommer uit die bloute bel om nóg ’n selfoonkontrak of […]
Lees meer