God se Woord in vandag se woorde

Argief


Leef die waarheid – al kos dit wat

Hoor hierdie pragtige getuienis van iemand wat die waarheid gelewe het:  Richard Wurmbrand was ’n evangeliese predikant in Roemenië tydens die Sowjet-besetting ná die Tweede Wêreldoorlog. Toe die kommuniste aan bewind gekom het, het hulle ’n sogenaamde “Kongres van Kultusse” byeengeroep, waar godsdienstige leiers veronderstel was om trou aan die nuwe kommunistiese regime te sweer […]

Lees meer

Droom, vra en ontvang

Ons as ouers wil graag die beste hê vir ons kinders. Ons kies die beste skole vir hulle. Ons sit ure langs sportvelde. Ons koop die beste toerusting en alles wat hulle nodig het om die suksespad van die lewe te stap. Ons wil graag hê dat hulle êrens iets in die lewe moet bereik. […]

Lees meer

Die hemel trek en stoot nou al

Johannes slaan die spyker in met sy woorde oor die ewige lewe, en ons stap agter hom aan. My seun het die voorreg gehad om deel te neem aan die Ysterman-wêreldkampioenskap in Kona, Hawaii. Dit was ’n groot eer om sy land te verteenwoordig in sy ouderdomsgroep. Hy het hard geoefen. Twee sessies per dag […]

Lees meer

Leef die ewige lewe

Ons praat min oor die ewige lewe. Dit is asof dit ’n pie in the sky is. Iets wat ver in die toekoms lê en buite ons bereik is. Maar eintlik kan die wete van die ewige lewe ons nou al help om deur moeilike tye te beur. Gewoonlik, voordat ’n mens met vakansie gaan, […]

Lees meer

Jou Motiveerder

Ek drink nie energiedrankies nie. Ek dink ek het genoeg vet en suiker vir my liggaam om wanneer my batterye pap is, krag êrens uit te trek. Ek weet in ieder geval nie hoe gesond so ‘n hoop suiker en kafeïen nou vir ’n mens kan wees nie. Ek is met vakansie en soos in […]

Lees meer

God getuig

Ons vertrou nie altyd almal se stories nie. Enige nuus wat ’n mens deesdae kry, moet jy eers gaan seker maak of dit die waarheid is. Daar word die volgende storie vertel: Lank, lank gelede was daar ’n groot koninkryk met ’n regverdige koning. Hy was geliefd by al sy mense. Die koning het ’n […]

Lees meer

Om te glo

23En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo.  Die grootste opdrag van God, die grootste wet vir elke mens op aarde, is dat ons moet glo in Jesus Christus. Ons moet glo dat Jesus die Seun van God is en dat God Hom gekies het om te sterf vir die […]

Lees meer

Tools van skuldgevoelens, onsekerhede en mismoedigheid

Meer as ’n dekade gelede ontvang ek hierdie verhaal van Hennie (hy is al intussen oorlede):  Daar word vertel dat die duiwel op ‘n keer bankrot gespeel het en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was om die regte prys te betaal.   Op die aand van die vendusie was al […]

Lees meer

Wat jy doen, spreek so hard, ek kan nie eers hoor wat jy sê nie

Ek het my dae in die markplein verskriklik baie geniet en dit was vir my lekker om ander mense en hul bedienings te help. Nie dat dit vandag enigsins verander het nie. Elkeen van ons het mos ’n verantwoordelikheid om ander te seën en van ons seëninge aan te pass.   Wat wel vir my verander […]

Lees meer

Verhoudingsbarometer

Verhoudings is baie belangrik. As verhoudings nie lekker loop nie, loop ’n mens nie lekker nie. Dan is jy nie lus om op te staan nie en jy het nog minder krag om enige uitdaging aan te vat.   Verhoudings is baie keer die barometer en wys gou vir die wêreld hoe dit gaan met jou […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.