God se Woord in vandag se woorde

Argief


Hoe om jou tjommie te help

Wanneer Paulus ons aanmoedig om ons vriende wat van die pad is weer terug te help, maak hy ’n goeie voorstel: 16… Gebruik ook psalms en ander liedere om dit te doen. Sing uit julle hart uit, want met hierdie geestelike liedere sê julle ook vir God dankie. En as Hy soos ons die Nuwe […]

Lees meer

‘n Heel nuwe lewe

Ek kyk ’n aangrypende video van Welcome Witbooi. Sy storie is nie vir sensitiewe kykers of lesers bedoel nie. Die kant van die lewe waar hy was, is vir baie duister en seker ook goed so.  Hy was deel van die nommersbende in die tronk. Hy was hoog op in die organisasie, nogal ’n generaal. […]

Lees meer

’n Wit steenkoolsak

Daar word hierdie pragtige storie vertel van ’n kleinseun wat alles gedoen het soos sy oupa. So het hy gesien dat sy oupa elke oggend Bybel lees en hy begin toe self in die Woord te wandel.   Eendag daag hy by sy oupa op en sê: “Oupa, ek verstaan baie van die dinge wat ek […]

Lees meer

Biblioteek met ’n verskil

Baie keer word daar gedink die Bybel is een boek wat deur een skrywer geskryf is, maar dis nie so nie. Die Bybel is eintlik soos ’n biblioteek met verskillende boeke op die rak. Die boeke kan in twee hoofafdelings ingedeel word.  Die eerste, wat bestaan uit 39 boeke, is die Ou Testament en is […]

Lees meer

Die Lig in die duisternis

Die kragkrisis in Suid-Afrika het ’n baie groot negatiewe impak op die ekonomie. Baie besighede moes al hul deure toemaak. Ek wonder hoeveel mense is al dood omdat operasies nie op hulle uitgevoer kon word nie?  Ek wonder hoeveel ongelukke is al veroorsaak omdat verkeersligte nie werk nie? As ’n mens so in die middel […]

Lees meer

Steek gereeld hand op

Wanneer die jaar draai, die ou ene op sy rug lê en die nuwe een op die horison aan die opkom is, is dit tyd dat ’n mens gedwing word om so bietjie na binne te kyk. Ons moet kyk waar ons is en hoe ons daar uitgekom het. Ons moet kyk wat is verkeerd […]

Lees meer

Diepe, volmaakte vreugde verkrygbaar

Hoe sê Emo altyd? “Waar’s dit lekker? Hier’s dit lekker!” Ons mense loop so onder druk. Dis asof lekkerte en die lewe se genietinge net die heeltyd opsoek is. Die verwagtinge van die wêreld en ook dié wat ons op onsself gesit het, druk ons so hard. Dit is sulke tye wanneer ons vra waar […]

Lees meer

Skoongewas

Ek kry êrens die mooi storietjie: ’n Seun wil graag soos sy oupa wees en besluit om alles soos sy oupa te doen. Hy staan vroeg op, drink saam met Oupa koffie en eet beskuit. Toe Oupa die Bybel nader trek, maak hy ook so. Later die oggend vra die seun vir sy oupa: “Oupa, […]

Lees meer

Op skool of gegradueerd?

Vandag kom daar ’n paar reguit vrae. Vrae wat ’n mens aan die dink laat sit. Vrae wat vir sommige so bietjie ongemaklik laat voel. As iemand vandag by jou deur aanklop en jou vra om hom of haar na Jesus te lei, sal jy dit kan doen? Ek vermoed die meeste mense sal hier […]

Lees meer

God se Woord lewe

Op die plaas was dit altyd vir my verstommend dat jy ’n wilde loot van ’n wingerd se onderstok in sulke kort kaal stokkies kan knip, dit in hormoonpoeier kan druk en net so in die grond kan druk. En dan groei dit. Wat my ook gefassineer het, was dat ons in die winter al […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.