Goedheid en vrede vir jou!
Ek probeer intensioneel meer bid. Ek probeer veral meer bid vir ander mense. Ek dink dit sal beter gaan as ons almal meer vir mekaar bid. Ek word vroeg wakker – lank voor my wekker. Dit is ekstra tyd waarvoor ek nie beplan het nie en toe bid ek. Ek bid vir die kinders by […]
Lees meer
Ek glo in seën bid
As iemand vir jou sê hy glo in die wonder van ’n spesifieke produk, maar hy of sy het nog nie self die produk gebruik om regtig die wonder van die produk te kon ervaar nie, sou jy die produk gaan koop? Ek vermoed nie so nie. Ek glo in gebed. Ek glo regtig in […]
Lees meer
Sê en doen slegs mooi goed
So nou en dan trap ek in die gat en slaan neer. Nee, nie fisies nie, maar by wyse van spreke, letterlik en figuurlik en no pun intended. Maar as ‘n perd met vier pote kan struikel, kan ek seker met een mond ook … Jy sien, ons praat maklik oor iemand anders wat nou […]
Lees meer
Seën laat strek na meer
Om ’n seën oor iemand of iets uit te spreek, was redelik algemeen in die Bybel. Sommer daar in die eerste hoofstuk spreek God die seën oor die see diere en voëls deur vir hulle te sê om vrugbaar te wees en te vermeerder op aarde. Net ’n entjie verder spreek God amper dieselfde seën […]
Lees meer
Seën wat reën
Tweehonderd twee en veertig keer het ons nou by Hebreërs stil gestaan. By geen ander Bybelboek het dit al gebeur nie. En ek moet bieg dat ek aan die begin gesukkel het om in die boek in te klim, maar toe ek eers ingeklim het, kon ek nie wag om elke oggend my vers vir […]
Lees meer
Op die kierie van geloof
Die skrywer van Hebreërs neem so ’n voëlvlug oor die voorvaders om die lesers te wys hoe hulle geloof hulle laat aanhou en uithou het. Onthou, ons het gesê dat God se stap in die verlede ons help om ons geloofsbril te vorm om in die toekoms in te kyk. As God dan so met […]
Lees meer
Spreek die seën oor ander
Aan die einde van eredienste spreek die prediker gewoonlik ’n seën oor die gemeentelede uit. Die mees algemene een wat gebruik word, is die een wat in 2 Korintiërs 13:13 staan: Mag die genade van die Here Jesus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle almal wees. Dis […]
Lees meer
God se belofte vir jou
Hulle praat oor die radio van testamente en wanneer die meester van die hof ’n testament aanvaar of afkeer. ’n Testament sal aanvaar word, al het die testateur net ’n kruisie gemaak. Solank dit net gepaardgaan met ’n brief van ’n Kommissaris van Ede wat teenwoordig was en bevestig dat die persoon wat die kruisie […]
Lees meer
God gee spesiale oomblikke
’n Vriend van my en sy gesin was in die wildtuin. Hulle vertel opgewonde van die lekker uitstappie. Voor hulle weg is, het elkeen vir die Here vir ’n spesiale ervaring met ’n spesifieke dier gevra. My vriend wou graag ’n ratel sien, sy vrou ’n leeu ordentlik hoor brul en hul dogter wou ’n […]
Lees meer
Vol bakkies uit te deel
Die tannie oorkant die straat gee altyd iets terug as sy iets van ons gekry het. As ons ’n bakkie kos of ’n warm broodjie of ietsie lekkers oorstuur, kom die bakkie nooit leeg terug nie. Of dit nou ’n sakkie koekies is of ’n paar vrugte, hulle kan nie ontvang sonder om terug te […]
Lees meer