Sondig of nie
Ek lees een teksvers per dag. Dis my kapasiteit. Dan skryf ek daaroor, sodat dit hier in my brein kan vassteek. As ek nie daaroor sit en top en skryf nie, gaan dit net by die een oor in en woerts by die ander een uit. My oog het met die vorige teks se lees […]
Lees meer
Gebed is die enjinkamer
’n Ou het eendag gesê dat die kerk swak, donker, arm en onvolmaak is, omdat daar te min gebid word. Dit is so waar. En so onverstaanbaar. As ek weet dat wanneer ek honger is en ek die yskas oopmaak, sal daar kos wees om my honger te stil, sal ek mos elke keer as […]
Lees meer
Krag vir die monster
Daar was tye wanneer ek gevoel het ek is in te diep water. Tye wanneer ek gevoel het ek het nie meer ’n greintjie krag oor om te trap om my kop bo die water te hou nie. Tye wanneer ek gevoel het hoe die water tot by my neusgate kom. Ek onthou nog die […]
Lees meer
Die % en ander kwessies
Ons klomp pelle eet saam by ’n restaurant op die dorp. Ek sien sommer met die intrapslag dat dit nie goed gaan met my een vriend nie. Toe hy sit, loop die woorde sommerso uit sy mond. Die een kontrak waaraan hy nou jare werk en wat sy besigheid deur die moeilike tye sal trek, […]
Lees meer
God se woord is kragtig verby
(Baie sit met ‘n hoop onsekerhede oor die COVID 19 inenting. Ek kan nie vir jou ‘n antwoord gee nie, want dit is elkeen se persoonlike keuse. Hier is wel ‘n goeie artikel (klik hier) wat jy kan lees om net eers ‘n paar paddas uit die pyp te haal om jou te help om ‘n verantwoordelike […]
Lees meer
Dis ’n voltydse stryd
Kom ons sê dit nou maar reguit vir mekaar, om in vandag se wêreld op die regte pad te bly, is nie maklik nie. Goed, daar is van die gelukkiges vir wie dit heel maklik kom, maar vir die meeste van ons is dit ’n stryd. Die satan weet presies waar ons elkeen se swak […]
Lees meer
Krag vir die mielie in die pad
Na gisteraand se aankondiging deur President Cyril Ramaphosa, besef ons hoe ernstig die COVID-19-pandemie is. Niemand weet presies hoe die wêreld oor ’n maand gaan lyk nie. Al wat ons met sekerheid kan sê, is dat dit heel anders gaan lyk as waaraan ons gewoond is. Dit veroorsaak angs by baie mense. Tog weet ons […]
Lees meer
Die Heilige Gees en twee bruin skoentjies
Sukkel jy om staande te bly? Het jy eenvoudig net nie genoeg antwoorde op al jou vrae nie? Voel die lewe te veel en jou krag te min? Dan is dit tyd om versterkings in te kry. 7Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak […]
Lees meer
Just do it!
Paulus is ’n baie interessante karakter. Hy is een van daai mense wat alles volspoed doen. Toe hy ’n soldaat was, het hy sy werk baie ernstig opgeneem en geen steen onaangeraak gelaat om die Christene uit te snuffel en hulle dan in die tronk te gooi nie. Dieselfde is ook waar van sy lewe […]
Lees meer
Maak die honne los
Ek stap vroeg een oggend per week saam met ’n tjommie. Hy sê hy wonder wat sy gawe is. Ek sê ek weet wat myne is. Dis skryf. Ek het nog nooit ’n skryfkursus van ’n dag oud bygewoon nie. Ek skryf sommer net. As ek gaan sit, wonder ek nie waar die ontknopingspunt moet […]
Lees meer