Dade spreek meer woorde
Uit die brief wat Paulus vir Filemon skryf, leer ’n mens baie van Filemon en hoe hy geleef het. Paulus gee ‘n wonderlike getuigskrif van Filemon se lewe. ’n Mens sal dink hulle is jare lange vriende wat elke naweek saam gebraai het. Maar eintlik het Paulus nie vir Filemon geken nie. Wat Paulus van […]
Lees meer
Oop harte so groot soos ’n garagedeur
Ons tree vir ’n week in die Noorde by skole en kerke op. Een van my vriende in Gauteng het my goed laat verstaan dat as hy my daar in ’n huurkar vang, hy my gaan foeter. Ek moet net bel, dan sorg hy dat daar ’n kar op my wag. Op die lughawe voel […]
Lees meer
Honde wat voor en agter loop
Ek is ’n prentjie-mens en sien teksverse soos filmpies voor my afspeel. Hoe lyk jou prentjie van die volgende vers? 24Party mense sondig so openlik dat hulle sondes hulle vooruitloop na die oordeel toe. By ander kom die sondes eers later aan die lig. (1983-vertaling) Die prentjie wat ek sien is in die eerste geval […]
Lees meer
Stap voor
Ons markeer die pas by ons roeping. Twee stukke terug was die eenvoudige opdrag: Gaan! Go! En die vorige een waarsku ons om nie gemaksugtig een van die verskonings in ons arsenaal uit te haal om weg te kruip vir ons roeping nie. Nou kom Paulus en maak ’n goeie voorstel: 12Moenie dat mense op […]
Lees meer
Connie praat en doen
17… En mag God julle help om die hele tyd net die regte dinge te sê en te doen. Connie is vir my ’n groot voorbeeld in wat ’n mens sê en doen: Ek probeer regtig om vir God hier by die werk te getuig. Net soos ek is, met al my swakheid, maar gelei […]
Lees meer
’n Sondaarsgebed vir jou!
Soms voel ek hoe die spanning in my opstoot as ek dink aan die leiers van ons land. Ek kan nie glo dat hulle oop en bloot so oneerlik is en dan verwag ons moet alles opeet vir soetkoek nie. Ek weet ’n rietdak het baie water nodig om geblus te word, maar om só […]
Lees meer
Eer vir Jesus en vir my
Vers 12 spook nog by my … Die vorige storie van Abraham wat ’n besembestuurder geword het, het my baie geleer. Daar was twee groepe mense wat met verskillende oë na die mense wat swaarkry, kyk. Die een groep soos die biltongkouer sien mense soos Abraham as ’n las wat so gou as moontlik spore […]
Lees meer
Professionele Christene
Een van die wêreld se beste bergfietsspanne bly vir ’n tydjie in ons huis terwyl hulle vir die Cape Epic-bergfietstoer kom oefen. My mond hang oop toe ek by die motorhuis inloer. Teen een van die mure is ’n hoop wiele wat die een na die ander ingeryg staan. Daar is ’n spesiale tafel vol […]
Lees meer
Die petrol vir jou dade
Wat is die petrol vir jou dade? Hoekom doen jy dinge vir ander? Dink ’n bietjie mooi hieroor na. Daar waar niemand jou sien nie, sal jy die papiertjie wat op die grond lê, optel? Daar waar niemand kan sien nie, sal jy die ou verwaarloosde mensie optel en Jesus se liefde uitleef? Daar waar […]
Lees meer
Om God deur jou dade te sien
Wat maak ons geloof anders as ander godsdienste? God het van Sy troon afgeklim en tussen ons kom woon. 9By en in Christus is God ten volle en altyd teenwoordig, ook toe Hy mens geword het. Jesus was mens, maar ook God. Dit is baie belangrik dat ons dit verstaan sodat ons presies kan weet […]
Lees meer