Potensiaal om ’n lewe te verander
As kinders het ons ’n liedjie gesing vir ons maatjies as hulle lelik was: “Jealousy makes you nasty! Jealousy makes you nasty!” Dit het die ander een natuurlik glad nie goed gevat nie en gou het ons balle gerol. Maar eintlik is die liedjie so waar. Jaloesie maak ’n mens nie ’n lekker mens nie. […]
Lees meer
Net een goeie daad per dag
Alida (skuilnaam) laat my so half skaam voel as gevolg van haar manier van liefde uitleef en omgee. Sy vertel: Ons moet die wil van God prakties in ons lewe laat grondvat. As jou medemens, en ja, selfs jou vyand honger is, gee hom brood. Of as hy dors is, gee hom water. Ek maak […]
Lees meer
’n Rots met kleivoete
Ons begin met die eerste brief wat Petrus, die apostel van Jesus, geskryf het. ’n Brief wat vir my en jou sal help om elke dag soos ware kinders van God deur die lewe te stap. Wanneer ek aan Petrus dink, is die eerste beeld wat in my kop opkom waar hy Jesus verloën. Jesus […]
Lees meer
Pitte wat spat
’n Paar jaar gelede maak hier ’n pragtige vrugte- en groentewinkel op die dorp oop. Pragtig man, met sulke lekker vars brode en onweerstaanbare pies. Ek stap sommer elke oggend na ’n sweetsessie by die gim daar in en vergaap my aan die pragtige kleure en kraakvars geure. Maar iets werk nie lekker nie. Die […]
Lees meer
’n Ware impak
Die storie word vertel van ’n student wat in 1894 aan die universiteit van Stanford gestudeer het en geen geld vir sy studies gehad het nie. Hy het in ’n weeshuis grootgeword. Hy en ’n vriend besluit toe om ’n konsert te hou om geld in te samel en hiervoor nooi hulle die bekende pianis, […]
Lees meer
Soos ’n boemelaar wat deel
Pieter (skuilnaam) stap in die strate van New York rond en vra by kliënte van straatkafees of hulle nie vir hom ’n stukkie pizza het nie. Hy het baie lanklaas geëet en is verskriklik honger. Hy probeer dit by ’n hele aantal mense, maar almal jak hom af en jaag hom weg. Hy gaan dan […]
Lees meer
“You’ve just made my month!”
16Onthou ook om goed te wees vir ander mense. Gee ook vir hulle van dit wat jy het. God hou daarvan as ons so maak. Ek kan nie verby die vers kom nie en wil die spyker nog ’n keer indryf. Bertha vertel dat sy ’n tydjie gelede werkloosheidsversekering wou eis, maar haar rekening was […]
Lees meer
Lewe met ’n bril van die hiernamaals
Abraham het ’n intieme verhouding met God gehad. Uit hierdie verhouding het hy ’n onwrikbare geloof in God ontwikkel. Soveel so, dat Abraham dadelik getrek het toe God hom geroep het om na ’n onbekende land te trek. Hy het God blindelings gevolg. Uit hierdie verhouding het Abraham nog meer geleer. Hy het geleer dat […]
Lees meer
Nie enetjie hier en enetjie daar nie
Dit brand in die berge om ons. Die brand het eintlik in Franschhoek begin, maar die wind het dit oor die berge gedruk. Binne vyf ure hardloop die vuur in Jonkershoek af tot teen die dorp. Uiteindelik kry hulle die vernietigende vuur gestuit. Baie mense het gehelp om die vuur onder beheer te bring. Ongelukkig […]
Lees meer
“You really so different.”
(Soos jy seker agterkom, word die Kruispad e-posse baie laat afgelaai. Die bestaande stelsel se wiel het einde verlede jaar afgekom. Ons gaan binnekort gebruik maak van Everlytic se stuurstelsel. Ons hou jou op hoogte.) Heike vertel hierdie kosbare storie: Ek herwin my vullis by my huis en dan sit ek dit elke Woensdagoggend pligsgetrou […]
Lees meer