God se Woord in vandag se woorde

Argief


Beter prentjies vir die wêreld

Mense kyk na mekaar. Mense kry gou ‘n persepsie oor wie ander mense is, as hulle net kyk na wat hulle doen en wat hulle sê. Reg of verkeerd, mense kry ’n prentjie van ander mense, al maak hulle nie eens hulle monde oop nie. Vat nou maar die groot sportaanhangers. As ’n mens so […]

Lees meer

’n Lewe met ’n goeie storie

Partykeer kan mense onderduims optree en dink ander mense val soos soetkoek daarvoor. Ek ken ’n ou wat altyd lang stories vertel, wat vêr van die waarheid is. Nou glo ek nie meer een woord wat hy sê nie. Dis eintlik sleg, want soms praat hy die waarheid, maar omdat hy so baie keer spekgeskiet […]

Lees meer

Die Vegklub

Ons het nou ’n paar keer stilgestaan by vers 22. Paulus wys vir ons die pad deur te sê dat ons ons bes moet doen om die verkeerde dinge van die lewe uit te los. Soveel strikke word elke dag vir ons gestel en kom ons wees nou maar eerlik – dit is nie altyd […]

Lees meer

Druk die pause knoppie

‘n Nuwe jaar, ‘n nuwe dekade met ‘n hoop nuwe geleenthede. Mag God elke tree in 2020 saam met jou stap. Ons moet ons bak skoon kry deur eerstens die verkeerde dade uit te haal. Dan moet ons die bak mooi en blink poets, sodat dit aantreklik lyk om gebruik te word. Hier is ’n […]

Lees meer

In die steeg!

Hoekom stry mense tog so maklik en baie maal oor dinge waaroor hulle nie heeltemal ingelig is nie? Hulle hou hulle opinies as die waarheid voor en later glo ander dit asof dit wél die waarheid is. Dalk moet ons onsself nie so ernstig opneem nie. Dalk moet ons dít waarin ons so onwrikbaar glo, […]

Lees meer

Trots op jou!

(As jy nog nie die jaarlikse Kruispad-navorsing ingevul het nie (en aanlyn kan gaan), volg asb die volgende skakel om dit in te vul: https://kruispad.com/navorsing-2019/ Ons waardeer dit opreg.) Ek kry die volgende e-pos van Dawid (skuilnaam): In 2014 het ons finansieel baie swaar getrek. Ek kon nie ’n ruiker of kaartjie vir my vrou […]

Lees meer

Deur ons manier van doen

Ek hoor oor die radio van ’n verslag wat in die IT-wêreld gedoen is en dat daar bevind is dat Suid-Afrikaners onder die ongeskikste mense op digitale platforms is. Ek kon dit amper nie glo nie. Ek gaan Google dit toe en wraggies! Dit is toe so – nogal ’n studie van Microsoft se digitale […]

Lees meer

Kom jou etiek karretjie se wiele ook soms af?

Ek onthou die insident soos gister toe ek nog in die koöperatiewe wêreld gewerk het. Ons leierskapsgroep het ’n sessie by die vaardigheidsontwikkelings-konsultant gehad. Dit het gegaan oor die etiek waarop jy jou lewe bou, nie net by die werk nie, maar ook by die huis. Ons word gevra om ’n paar goed neer te […]

Lees meer

Op pad na 10 uit 10

In vandag se terme is Paulus Timoteus se Google. Al die inligting wat Timoteus nodig het om die kerke te bestuur, borrel by Paulus se pen uit. Of dit nou is oor die rol van die vroue, wat hulle mag doen en wat nie en of dit nou is wat die leiers moet doen of […]

Lees meer

Die blikkie se boom val uit en al die jam loop uit.

As ek terugkyk oor my eie lewe, sien ek afdraaie op my pad wat ek nie eintlik moes vat nie. Sommige van die afdraaie was half per ongeluk, terwyl ander weer bewustelik was. Daardie afdraaie was nie binne die wil van God vir my lewe nie. Gelukkig het ek gou teruggedraai van die meeste afdraaipaaie. […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.