Los die verkeerde leefstyl en begeertes
Ons het nie gearriveer die dag toe ons vir Christus ontmoet het en Hom as ons Verlosser aanvaar het nie. Dit was nie die eindpunt nie, maar eintlik die beginpunt. Die begin van ’n nuwe lewe waar ons stukkie vir stukkie die doen en late van die ou mens afkap en ’n nuwe manier van […]
Lees meer
Gesonde woorde vir die virus
Ons moet onthou dat ons hele menswees ’n groot klap van die sondeval weg het. Op ’n manier is ons eintlik siek en heeltemal met die sonde bevlek. Ons is soos ’n kar waarvan die wielsporing uit is. Ons beur die heeltyd na die kant toe, na die verkeerde kant toe. Ons basis is verkeerd. […]
Lees meer
Haal die paddas uit die pyp
’n Vriend van my en sy seuns het ’n vliegtuig-besigheid in Swakopmund wat mense vir besienswaardige ekskursies neem. Ons slaap ’n paar dae daar oor en word ook vir so ’n uitstappie genooi. Vol opgewondenheid kom ons by die lughawe aan, maar besef nie dat ons om die bos gelei word nie. In plaas van […]
Lees meer
Glip en gly
Ek verdiep myself in my werk hier agter die skerms. Ek werk al van 5vm en sit nog steeds in my nagklere. 8:30 lui die klokkie en ek hoor Frikkie skree: “Gert, kom ons moet ry!” Dit slaan my soos ’n bak koue yswater dat ek vergeet het van die afspraak by die skool op […]
Lees meer
Hol weg van die lus
Soos ons vir Paulus ken, gee hy nie net ’n klomp opdragte nie, hy gee ons ook leiding oor hoe om die opdragte uit te voer. Hy sê mos ons moet die bak skoonkry, sodat God ons kan gebruik. Hier is sy eerste voorstel: 22Maak dat jy wegkom van al die verkeerde dinge wat vir […]
Lees meer
Snoeiwerk benodig. Ai!
Iets pla my van vers 21. Al het ek reeds ’n paar maal oor die vers geskryf, is daar nog iets. Dis so mooi om te hoor dat ons ’n bak is en dat God ons wil gebruik waar ons woon, werk en speel. Maar hier is ’n voorwaarde: 21As iemand ontslae geraak het van […]
Lees meer
’n Bak met ’n doel
Ek wil graag Mari (skuilnaam) se storie met jou deel: Ek het altyd gedink ek is simpel omdat ek so emosioneel is oor ander mense. Iemand lyk net of hy hartseer is of swaar kry, dan huil ek daaroor. Dis dikwels ‘n groot verleentheid vir my. Tot verlede jaar in die winter toe ek met […]
Lees meer
Rooi Brasso?
Pieter vra my om ’n gedenkdiens op die plaas vir een van die plaaswerkers te hou. Hy was die vorige naweek saam na die skou in Port Elizabeth en moes twee perde vashou. Daar het ‘n onderonsie tussen die twee perde ontstaan en die een het die ander een geskop. Ongelukkig was die werker tussen […]
Lees meer
Vooropkoms sondedoder
Bradley (skuilnaam) help my met ’n eenvoudige beeld van sonde: As sondaar kan jy jouself vergelyk met ’n vark. En die modder is die sonde. En soos ons weet, hou ’n vark daarvan om in die modder te lê. Dit is die toestand van die sondige natuur. As ons gered word, kry ons egter ’n […]
Lees meer
Honde wat voor en agter loop
Ek is ’n prentjie-mens en sien teksverse soos filmpies voor my afspeel. Hoe lyk jou prentjie van die volgende vers? 24Party mense sondig so openlik dat hulle sondes hulle vooruitloop na die oordeel toe. By ander kom die sondes eers later aan die lig. (1983-vertaling) Die prentjie wat ek sien is in die eerste geval […]
Lees meer