God se Woord in vandag se woorde

Argief


Groter, beter, mooier, woester en dan nog ’n bietjie

Ek sit rustig op ’n boer se plaas en drink geperkoleerde koffie. Dis oestyd. Dit raas buite soos die werkers die oes bymekaarmaak en in die lorries laai. Ek is so-effe poegaai, want ek het pas Sondag se preek opgeneem. Skielik stap daar ’n man in. Ek weet ek ken hom, maar kan nie die […]

Lees meer

Die appelkar word omgegooi

My vriend en besigheidsvennoot was baie innoverend. Hy het nooit ophou probeer nie. Hy het gedurig by my kantoor ingestap met ’n nuwe konsep of plan wat ons tog moet probeer. Op die ou end het hy ’n heel paar produkte staangemaak, wat die hele appelkar omgegooi het. Een daarvan was balustrades (reëlings) wat geen, […]

Lees meer

Genade vir die grensbreker

Baie mense is gemaak om ordentlik te wees. Dis asof hulle nooit iets verkeerd doen nie. Hulle hare lê altyd net perfek. Dis regtig aangename mense en sal nie ’n vlieg skade aandoen nie. Ek wens ek kon so gewees het, want ek is meer van ’n grens-toetser. En dis nie dat ek daarvoor soek […]

Lees meer

Ons het Jesus so nodig

26Vir ons was so ‘n hoëpriester nodig, een wat heilig, skuldeloos en sonder smet is… Dieselfde dag wat ek hierdie vers lees, het daar op Kruispad ’n boodskap oor pornografie uitgegaan. Ek staan verstom oor die lesers se terugvoer: DIT IS ABSOLUUT SKOKKEND!! Ek gaan van vandag vir hierdie mense bid. ‘n Mens bid altyd […]

Lees meer

God wil jou gebruik

Die lesers vir die wie boek Hebreërs geskryf is, ken die geskiedenis van hoe God met die volk ’n pad gestap het baie goed. Hulle ken die Ou Testament en die gebruike. Hulle moet natuurlik ook die rol wat die hoëpriesters in die tyd gespeel het, ken. Die skrywer wil die hoëpriester as beeld deurtrek […]

Lees meer

Kroekies braai uit

Ek het al hieroor geskryf, maar ek dink ons moet dit weer vir mekaar sê: Kroekies braai uit! So het ons altyd as kinders gesê. Waar dit vandaan kom, is ek onseker. Maar as ek dit nou moet probeer uitwerk, kom dit seker van ons spelery as cowboys en crooks, waar laasgenoemde die diewe was. […]

Lees meer

Jesus se somme is anders

In ons dae was daar nie iets soos Graad R nie. Selfs kleuterskole was nie so algemeen nie. Ons het geëet, gespeel, geëet, gespeel en geslaap. Daarom was die meeste van ons erg tranerig toe ons in die klaskamers, wat soos ’n hok vir ons gevoel het, ingedruk word. Alles was vreemd. Die banke was […]

Lees meer

Vetplante, gras en sonde

5… God het ons heeltemal nuut gemaak. Ons is ’n tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Toe is al ons sondes afgewas. Beteken dit dat ons nou heeltemal skoon is van sonde en nie weer sonde gaan doen nie? As ek so na my eie lewe kyk, besef ek die antwoord is […]

Lees meer

Liefde vee sonde af

’n Vriend van my stuur vir my ’n même met die volgende woorde op: “Being taught to avoid talking about politics and religion, has led to a lack of understanding of politics and religion. What we should have been taught, was how to have a civil conversation about a difficult topic.” Baie keer vermy ons […]

Lees meer

’n Restourasieproses

Gerjo Ben en Renata se preke vir Sondae is beskikbaar op KruispadTV. Subscribe op die YouTube kanaal en maak seker jy mis nie die geestelike kos nie. Vroeër jare was ek baie lief daarvoor om te kyk na programme waar ou tjorre weer pragtig nuut gemaak word. ’n Mens kan omtrent nie die ou kar […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.