God se Woord in vandag se woorde

Argief


In lyding by Jesus se voete

Veronica nooi my in haar wêreld in: Ek en my kinders weet presies hoe dit voel om swaar te trek. Ons is ook al daardeur. My man en sy pa het meer tyd aan Bacchus spandeer as aan ons. Alles is verpand of verkoop, want sy dors was so groot – hy sou sterf as […]

Lees meer

Ons manier van doen

Hier is die tweede deel van Tert se storie. Herman met die pen in die hand: Die boemelaar het in die vorige stuk vertel hoe iemand vir hom gebid het en hy van drank genees is. “Nou hoe op die aarde kom jy toe by my uit?,” wil Tert van die ou weet. “Nee, jy […]

Lees meer

“Moenie laf wees nie! Jesus is nie hier nie”

Tert vertel van die dag toe hy met ’n eks-boemelaar ontbyt geëet het, Herman pen dit neer: “Jy sien”, begin die eks-boemelaar, “ek was vir 18 jaar ‘n alkoholis. Agt jaar daarvan lewe ek al op straat. Ek het my werk verloor, my verloofde het my uitgeskop; ek het basies álles verloor. Toe, nou anderdag, […]

Lees meer

Pap arms en moeë knieë

Wanneer die een uitdaging na die ander jou tref, kom jy by ’n punt wat jy net nie meer kan nie. Dit raak net te veel en dan moet jy handdoek ingooi. Dit is menslik en ons almal kom een of ander tyd by die breekpunt te staan. Dit laat my nou dink aan een […]

Lees meer

My uitdaging in perspektief

Party mense is vir oefen gebou. Party nie. Ek val pens en pootjies in die laaste kategorie. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar om te oefen, kom nie vanself vir my nie. Ek het wel besef dat as ek wil eet wat ek eet en ek oefen nie, stoel ek soos ’n […]

Lees meer

Martelend uitsien na die hemel?

’n Predikant of ’n pastoor het mos eendag op die kansel geklim en begin om blaaie uit die Bybel te skeur. Die mense was baie ontsteld en het hom, soos die Engelsman sê, na die cleaners toe gevat. Hulle was erg kwaad en het gesê dat hy nie ontsag vir die Woord van God het […]

Lees meer

As dinge nie sin maak nie

Dinge maak nie altyd sin nie. Ek was al by baie plekke in my lewe waar ek na die sin van die uitdaging gevra het. Sommige kere het ek met my arms in my sye na die uitdaging opgekyk en moedeloos gevra: “Hoekom nou weer dit? Hoekom ek? Ek verstaan nie hoekom ek nou weer […]

Lees meer

Geloof is…

Vir ’n kar om te werk, het dit ’n enjin nodig. Sonder ’n enjin kan ’n kar nie self van punt A na punt B ry nie. So ’n voertuig is vir die mens nutteloos. Eintlik is ’n kar sonder ’n enjin net ’n hoop yster en kan dit nie regtig ’n kar genoem word […]

Lees meer

Om te wag in jou swaar

Ek haak vas by die vraag: Wat moet ek maak met die swaar wat so nou en dan, vir sommige dalk meer, aan die deur van my lewe kom klop? Dit wag nie eers dat ek kom oopmaak nie. Dit bars sommerso onverwags in. Marie sê sy het nie eers meer ’n deur nie. Sy […]

Lees meer

Vra die vraag anders

Ek worstel gereeld met die vraag: “Why do bad things happen to good people?” Ongelukkig bly die antwoord my ontglip en my verstand is te stadig om op te vang. Tog weet ek uit ondervinding dat ons as Christene nie die slegte en swaar dinge vryspring nie. Daarom dat ek eerder die vraag weglei van […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.