Gister vir vandag, ter wille van môre
As student het ek baie werke gehad. Een daarvan, was om ’n vriend van my te help om sy besigheid daar in die onbekende te gaan bekendstel. Die besigheid was om selfone op die lughawe te verhuur. Selfone het net die land ingekom en was vir baie mense ’n nuutjie. Ek onthou nog hoe ek […]
Lees meer
Ons manier van doen
Hier is die tweede deel van Tert se storie. Herman met die pen in die hand: Die boemelaar het in die vorige stuk vertel hoe iemand vir hom gebid het en hy van drank genees is. “Nou hoe op die aarde kom jy toe by my uit?,” wil Tert van die ou weet. “Nee, jy […]
Lees meer
“Moenie laf wees nie! Jesus is nie hier nie”
Tert vertel van die dag toe hy met ’n eks-boemelaar ontbyt geëet het, Herman pen dit neer: “Jy sien”, begin die eks-boemelaar, “ek was vir 18 jaar ‘n alkoholis. Agt jaar daarvan lewe ek al op straat. Ek het my werk verloor, my verloofde het my uitgeskop; ek het basies álles verloor. Toe, nou anderdag, […]
Lees meer
Leef volheid. Leef vry en leef reg.
Sjoe! Kan ’n mens soveel keer by een boek in die Bybel stilstaan? Dis al die 200ste keer wat ons hier in Hebreërs woel! Ek gaan ’n skewe vraag vra. Ek wonder wat het God laat verander van die kwaai Ou-Testamentiese God, na die liefdevolle God in die Nuwe Testament? Die Ou Testament is vol […]
Lees meer
Moed om weer op te staan
Ek kry ’n e-pos van ’n vrou wat vir dringende gebed vra. Haar man is ’n jaar terug ’n pos in die Kaap aangebied en hulle het sak en pak getrek. Sy kon nie ’n verplasing kry nie en moes bedank. Na die uitstuur van tientalle CV’s het sy nou nog nie ’n werk nie. […]
Lees meer
’n Senior om jou touwys te maak
My seun wou graag na skool ’n gap-jaar doen. Ek stem heelhartig saam, want ek het twee sulke jare na skool in die weermag gehad en dit het my eintlik baie goed gedoen. Ek het wel vir hom gesê dat hy nie op die bank gaan lê en die heeldag na skerms kyk nie. Hy […]
Lees meer
Klim agter die gordyn uit
Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het die gordyn in die tempel van bo tot onder geskeur. Die Boodskap-vertaling sê dit so mooi: 20Ons het gesê dat daar tussen die twee kamers in die Heilige plek ’n gordyn gehang het. Jesus se liggaam kan met dié gordyn vergelyk word. Die gordyn van Jesus se […]
Lees meer
Groter, beter, mooier, woester en dan nog ’n bietjie
Ek sit rustig op ’n boer se plaas en drink geperkoleerde koffie. Dis oestyd. Dit raas buite soos die werkers die oes bymekaarmaak en in die lorries laai. Ek is so-effe poegaai, want ek het pas Sondag se preek opgeneem. Skielik stap daar ’n man in. Ek weet ek ken hom, maar kan nie die […]
Lees meer
Almal wel geroepe
Baie mense steek vas by die idee dat God sommige mense uitverkies of geroep het om Sy kinders te wees, wat natuurlik impliseer dat sommiges nie uitverkies is nie. Soos duidelik hier in Hebreërs 9:15 staan: Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat […]
Lees meer
Herskrywer van kontrakte
So nou en dan is ek bevoorreg om jong verliefde paartjies te trou. Ons stap voor die tyd ’n pad met hulle en dit is wonderlik om te sien hoe hulle deur die proses groei en deur die verliefdheid die werklikheid raaksien. Een van die punte waarby ons stilstaan, is die huwelikskontrak. Die wet vereis […]
Lees meer