God se Woord in vandag se woorde

Argief


Lewe sonder ’n bak met pere

Ons staan elke dag voor keuses. Sommige is maklike keuses. Sommige weet ons sommer van die staanspoor is verkeerd en ons kyk nie eers in daardie rigting nie. Sommige kere is dit nie altyd so maklik om te onderskei watter kant toe is reg nie.   Sommige kere weet ons dit is verkeerd, maar tog doen […]

Lees meer

Wortel en tak

’n Mens moenie die duiwel te veel eer gee nie, maar daar is een ding waarvan jy hom nooit sal kan beskuldig nie – die ou is nie lui nie. Die spreekwoord: Daar is geen lui haar op sy kop nie, geld vir seker ook vir hom.  Ek vermoed die ou is ook nie te […]

Lees meer

Swaarkry ter wille van sondeloos

Jesus het dit nie maklik gehad op aarde nie. Hy het erg gely. Hy is uitgestoot en verwerp. Hy is valslik beskuldig. Hy is gespoeg en geslaan met swepe dat die blood loop. Op die ou end is spykers deur Sy hande en voete gekap en Hy is aan ’n kruis gehang.  Jesus is dood […]

Lees meer

Modder en miswater

Ek staan nogal erg verwonderd oor die nuwe wasmasjiene wat met min water geruisloos ons wasgoed was. Ek wonder gereeld of die masjien weer al die vuil werks- en sportklere gaan skoonkry. Om nie eers te praat van my vuil werksklere na Saterdae se gewoel in die tuin nie.  As ek dan op ’n volgende […]

Lees meer

Vir ander se verkeerde dade

Ek is ’n prentjiemens en bou graag my eie stories aanmekaar. Baie keer wil ek ’n vlieg teen die muur wees om die geboorte van iets groot te kon meemaak. Ek sou nogal graag in God se koukuskamer wou wees toe die redding van die mens beplan is.  Dit was God se oorlopende liefde vir […]

Lees meer

Doen dinge wat pas

Wanneer ’n mens ’n ander land besoek, kom jy gou agter hoe mense verskil. In Israel het ek die verskille gou agtergekom in hulle manier van bestuur. Jy sal dit nie glo nie, maar byna geen Israeliet gebruik ’n flikkerlig nie. Dit is net die toeriste en ’n busbestuurder hier en daar wat ’n flikkerlig […]

Lees meer

Maak planne om skoon te kom

Ek hou van krap aan stukkende goeters. Soms is ek nie so suksesvol nie. En ja, soms kry ek die stukkende masjien aan die loop, met nog ’n paar ekstra parte op die koop toe. Dit is baie bevredigend. Gewoonlik is my hande en die res van my parte pikswart van die ou olie en […]

Lees meer

Make me proud son

Soms wonder ek hoekom ’n mens sonde doen? Is dit omdat dit lekker is? Is dit die maklikste pad om te volg? Is dit ’n mens se manier van dinge doen wat jou makliker die verkeerde dinge laat doen? Dis asof dit ’n mens se default is om sonde te doen. God het ons nie […]

Lees meer

Deel jou vallery

Ons almal maak gedurig foute. Sommige meer as ander. Ek trap al te gereeld in die gat en dan is daar maar net nog ietsie in my boekie geskryf. Ek is ’n prentjiemens en sien gou die dik boek van my oortredinge raak. Gelukkig weet ons dat Jesus vir die straf van die sondes kom […]

Lees meer

Soos Daisy de Melker, of nie

Nie vir sensitiewe lesers nie. Daar is stories uit die verlede wat ek nie wil hoor nie, nog minder daaroor skryf, maar hierdie een moet ons deurworstel.  Daisy de Melker het twee van haar mans en haar seun met arseen vergiftig. Hulle al drie het ’n erge dood gesterf. Ek lees in Netwerk24 hoe Jans […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.