God se Woord in vandag se woorde

Argief


Omdat God my liefhet…

God se idee is dat ons met ’n sak vol vreugde deur die lewe moet stap. Ons moenie met lang gesigte rondstap nie. Dis nie hoe God dit bedoel het nie. Maar ons sukkel. Ons sukkel om deur die swaar ons vreugde te vind. Ons sukkel om die opdrag van Paulus deel te maak van […]

Lees meer

Waar is ons vreugde dan tog?

Ons is emosionele wesens. God het ons so gemaak. Daarom word ons maklik emosioneel beïnvloed deur die omstandighede om ons. Dit is vir my moeilik om vreugde te ervaar as iemand naby my in pyn is. Ek kan nie lag wanneer ek weet my vriend het baie seer nie. Ek voel bedruk as my kontantvloei […]

Lees meer

Nou spreek ek vrede

Sommige mense het die gewoonte om te sê: Jy “spreek” dit nou oor ons uit. Met ander woorde, omdat jy dit sê, gaan dit gebeur. Ek stem nie altyd saam hiermee nie alhoewel ek weet daar lê krag in woorde, maar baie keer verg dit nie vreeslik baie insig of wysheid om te sien ’n […]

Lees meer

Om vir vrede te kies

Ek lees op Facebook van twee jong manne wat ’n omie aanval by ’n vulstasie in Rustenburg. Dit kos 7 plate om sy gesig weer op te bou. Dit is alles op sekuriteitskameras vasgevang en dit gons op Facebook om die manne voor stok te kry. En dis ook reg so. Hoekom het die manne […]

Lees meer

Op die regte stasie

Dit bly maar moeilik om te alle tye met wysheid op te tree. Net die vorige aand vergeet my dogter om die skets te laai vir die Kruispadstuk wat uitgestuur moet word. ’n Hele paar duisend e-posse is al uit, sonder die skets. Ek het dit nie goed gevat nie. My bloed het gekook en […]

Lees meer

My spanning en God se vrede

Paulus is in die tronk. Hy het heel waarskynlik ’n besoek gehad van Epafras, wat die gemeente in Kolossense geplant het.  Epafras het vertel van die gemeente en dat baie van hulle skewe idees het van die Evangelie. Met hierdie brief aan die jong Christene van Kolosse probeer Paulus die mense prakties help om op […]

Lees meer

Vrede in onvrede

Filippense 4:10-20 Paulus het al aan albei kante van die lewe geleef. Hy het al genoeg gehad dat dit eintlik te veel is. Hy het egter ook al te min gehad, eintlik niks nie: 12Ek weet hoe dit voel om arm, nee, brandarm te wees, maar ek weet ook hoe dit voel om genoeg of […]

Lees meer

Geluk in jou eie hande

Filippense 4:1-9 Elmo vertel hoe hy God se liefde ervaar: DIE GROOTSTE VAN ALLE GESKENKE Omdat God my liefhet, raak Hy nie ongeduldig met my nie. Omdat God my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. Hy vergeet daarvan. Omdat God my liefhet, sê Hy nooit daar is […]

Lees meer

Vrede anderkant die geraas

Filippense 1:1-2 Die lewe is nie maklik nie. Dit is ’n gehol van die een kant na die volgende. Ons staan nou op ’n Sondagaand met vlinders in die maag oor die week wat voorlê en voor ons ons kom kry, ontvang ons orals snaakse prentjies van gedroggies wat aankondig dat die naweek hier is. […]

Lees meer

Om met vrede die wêreld in te loop

Efesiërs  6:10-20 Of ons dit nou besef of nie, ons is elke dag in ’n oorlog gewikkel. Die duiwel en sy trawante is die heeltyd besig om ons van die pad af te lok. Op slinkse maniere probeer hulle ons van God wegrokkel. Om voorbereid te wees op die stryd is dit so belangrik dat […]

Lees meer

Sluit aan


Kies waar jy Kruispad wil ontvang. Jy kan enige tyd weer uitteken.