The buck stops here!
Wanneer ’n mens ’n besigheid begin, doen jy alles self. Jy doen die aankope en die verkope. Jy maak jou hande vuil en sit die produk aanmekaar. Jy ontvang die geld en spandeer dit weer. Dit noem ’n mens ’n eenmansaak. Soos die besigheid groei, begin jy meer mense aanstel. Mense om te help met […]
Lees meer
Ken jy vir Dawid of die Here
Iemand stuur vir my die storie: ’n Beroemde akteur is eenkeer uitgenooi as eregas na ‘n dinee by ’n aftree-oord. Na die ete was daar verskillende lofbetuigings oor die akteur se roemryke loopbaan en ten slotte is hy gevra om iets voor te dra. Hy het gevra of daar ‘n spesiale versoek uit die gehoor […]
Lees meer
Die een se dood is die ander se brood
Ek het hierdie teks nog nooit raakgelees nie: 24…Deur sy wonde is julle genees. (1983- vertaling) Ewe skielik kry die spreekwoord “die een se dood is die ander se brood” vir my ’n heel ander betekenis. Ons wonde, die gate wat sonde in ons gemaak het, die wonde wat ons verkeerde dade in ons lewe […]
Lees meer
Jesus staan vir jou in die ry
Die hoogtepunt van ons geloof, dit wat ’n mens se mond laat oophang, wat eintlik heeltemal te groot vir ons verstand is om te begryp, is dat Jesus, die Seun van God, in ons plek gesterf het. 24Jesus het aan die kruis gesterf. Dit het Hy gedoen om die skuld uit die weg te ruim […]
Lees meer
Stap agter die Een aan wat weet
Ek het nie so ’n goeie track record met die aanstel van mense nie. Die besigheid waar ek lank gelede betrokke was, het in ’n stadium baie gegroei en om die groei te kon hanteer moes ons gereeld nuwe mense aanstel. Ek ken mense, maar om een of ander rede was my aanstellings nie altyd […]
Lees meer
Volg!
My seun studeer Bsc Informasietegnologie. Ek vermoed hy doen dit ondergronds, want ek sien hom nie eintlik agter die boeke nie. Maar nou kan ek nie te veel sê nie, want ek was self maar erg skrikkerig vir swot. Soms skrik ek wanneer ek myself in ons kinders sien. Ek is van geaardheid iemand wat […]
Lees meer
Deur ander oë
Dave Pepler vertel vir Amoré op RSG van hulle toer na Rwanda en watter ongelooflike ervaring dit was. Die land was in 1994 nog deel van ’n oorlog waar die seerste en grootste volksmoorde nog ooit plaasgevind het. Die nuwe leiers het egter besluit om die land se geskiedenis om te draai en ’n plek […]
Lees meer
Die Planmaker
Baie keer sê mense dis as gevolg van die mense se dom keuses, veral daar in die tuin van Eden, dat God se plan A geflop het. Toe moes God ’n plan B instel, deur Jesus aan ’n kruis te laat sterf. Dit is nie so nie. Jesus was nog altyd deel van die plan. […]
Lees meer
Sy kosbare bloed
Ons het al baie daarna verwys, maar dit is goed om weer na die praktyk van sondevergifnis in die Ou Testament te kyk. Die mense wat in die ou tyd gelewe het, moes self ’n plan maak met die sonde wat hulle aangevang het. Daar moes gedurig diere geoffer word, sodat die mense nie self […]
Lees meer
Duur gekoop en verhuis na ’n sinvolle plek
Die Arabiere dink darem woes groot. Hulle is besig om in die noorde van Saudi Arabi, in die nuwe Neom streek, ’n hele nuwe wêreld te bou. The Line is ’n nuwe stad wat 9 miljoen mense sal huisves. Dit is net 200 meter breed, maar sal op die ou end 170 km lank wees. […]
Lees meer